Sirkel: SWD
Tak: Oudtshoorn
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Isabella Jansen vN
Fotograaf: Isabella Jansen vN
Datum: 18 Junie 2024
Oudtshoorn vier 83ste verjaarsdag!
Oudtshoorn VLV: Op 18 Junie het Jolene van Wyk, ‘n ervare plaaslike apteker, ons baie insiggewend oor die verskillende aspekte van medikasie toegespreek, ook die veilige manier om van medikasie ontslae te raak, naamlik om dit by ‘n apteek in te handig van waar dit vernietig sal word.
Die gesondheidsportefeulje het as hulle jaarprojek besluit om ‘n sertifikaat aan enige lid van ‘n gesondheidspan vir spesiale, meer as die gewone diens aan enige lid van die gemeenskap te oorhandig. Die eerste ontvanger van so ‘n sertifikaat was die versorger, Hessie Julies, wat deur Hester Strydom voorgestel is. Baie geluk Hessie en hou aan met jou goeie werk.
Kentekens vir jarelange lidmaatskap is onderskeidelik aan Boop van der Haar (20 jaar), Susan Barendse (20 jaar) en Petro Heyns (55 jaar) aangespeld. Margaret Smit het haar kenteken as nuwe VLV-lid ontvang.
Terwyl dit Maandag (17 Julie) die Oudtshoorn-tak se 83ste verjaarsdag was, het twee getroue lede, die tweeling Martie le Roux en Susan Barendse hul 80 ste verjaarsdag tydens die vergadering gevier.
Die VLV-lied is gesing, en daarna het ons die VLV-tak se verjaarsdagkoek gesny, nadat ons natuurlik eers weer gesing het. Na die kuier om die teetafel is daar gegroet tot volgende keer.
Die vergadering is deur Annette Greeff (gesondheidsportefeulje) en haar groep gereël. Annette is in Upington gebore, maar woon in Oudtshoorn sedert haar man se verplasing in 1988. Sy hou daarvan om nuwe idees en vaardighede in die VLV te leer.
Leave A Comment