Sirkel: SWD

Tak: VLV Hartenbos

Studierigting: Gesondheid

Saamroeper: Emsi Viljoen

Beriggewer: Wilma van Staden

Datum: 18 Junie 2024

‘n Storie wat begin het drie millenniums gelede

Die oorsprong van die behandelingsmetode van Refleksologie dateer 3 000 jaar gelede. Die oorsprong daarvan word gevind in Egipte en China. Tekeninge wat Refleksologie of drukpuntterapie voorstel, is in Egipte ontdek.

Jonette Smit besig met haar voorlegging

Refeksologie is massering waar drukking op sekere drukpunte toegepas word. Die voete word die meeste vir Refleksologie gebruik, omdat dit die grootste oppervlakte bied en beter terapeutiese resultate lewer. Refleksologie help al die sisteme in die liggaam om ‘n goeie balans tussen die sisteme te handhaaf. Jou organe en strukture aan die regterkant van jou liggaam korrileer met ‘n posisie op die regtervoet, die aan die linkerkant van die liggaam korreleer met die linkervoet. Wanneer daar twee organe is, sal dit op albei voete reflekteer.

Kaart van voete met die korrilerende liggamsdele

Voordele van Refleksologie sluit die volgende in: Dit verminder die gevoel van stress en angs, verminder pyn, kikker die gemoed op, verbeter sinusprobleme, verbeter spysverteringsprobleme, verbeter sirkulasie en nierfunksie word gestimuleer.

Terwyl behandeling plaasvind kan ‘n verskeidenheid van ervarings beleef word, ‘n persoon ervaar dat hy/sy koud kry en/of die gesigsuitdrukkings verander. ‘n Gevoel van emosionele verligting kan ervaar word. Sensitiwiteit op drukpunt kan ervaar word, so ook handpalms wat sweet en spierspasmas. Verder kan slaperigheid.of ‘n heerlike verkwikte gevoel ervaar word.

Aromaterapie sluit baie nou aan by Refleksiologie. Twee olies wat sonder verdunning gebruik kan word, is Tea Tree Olie en Laventel Olie, ander olies moet verdun word. Aroma Olies word opgeneem deur die vel en daarvandaan deur liggaam versprei. Massering bevorder die verspreiding daarvan. Dit het ‘n baie ontspannende effek.

Span wie verantwoordelik was vir die leersame byeenkoms. Vlnr Naomi Geeringh, Jonette Smit, Gasspreker, Refleksoloog, Emsi Viljoen, Sameroeper, Rolien Smit, Voorsitter.