Sirkel: Paarl
Tak: Paarl-Aand
Geleentheid: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 13 Junie 2024
Paarl-Aandtak op die skoolbanke by Opvoeding-byeenkoms
Willie Koorts, programaanbieder van die RSG-program Sterre en Planete, is die spreker oor Sterrestories tot Sterrestelsels, ‘n fassinerende onderwerp wat met skyfies toegelig word. Na sy loopbaan by die sterrewag op Sutherland en in Kaapstad, is hy baie betrokke by opvoeding oor sterre en plante, o.a. by die Voortrekkers, by die OOG-sterrekundeklub wat sterrekykaande by die Taalmonument aanbied, as rubriekskrywer vir WEG en as toergids na Sutherland.
- Die Aldebaran Susters word met skyfies toegelig en lede leer oor Orion, Betlegeuse, Jupiter (grootste planeet), Rigel, Sirius en Saturnus (tweede grootste planeet).
- Die binneplanete bestaan uit soliede oppervlaktes, die buitenstes is gasballe. Pluto is die uitsondering.
- Die Son beslaan 99,8% van die massa van die solarsisteem. Dis is 1.4 m. km in omtrek.
- Jupiter, die grootste planeet, draai in onder 10 uur om sy eie as en het 95 mane. Dis bekend vir sy rooi kol. Saturnus, die tweede grootste planeet, het 145 mane en is bekend vir sy ringestelsel. Dit bestaan uit brokstukke. Die sonnestelsel het 8 planete en 5 dwergplanete: Pluto, Eris, Haumea, Ceres, Makemake.
- ‘n Asteroïdegordel kom tussen Mars en Jupiter voor. Meteore is verskietende sterre; wanneer een land, word dit ‘n meteorite genoem. Die grootste ter wêreld weeg 60 ton en is by Grootfontein te sien. Daar is ook die Tswaing-krater by Pretoria, die Vredefort-krater – die grootste sigbare krater ter aarde, 300 km in deursnee.
- Nuwe sterre word steeds gebore uit newels, wat massiewe gaswolke is.
Christa Schreuder (saamroeper), Ilza Potgieter, Willie Koorts (spreker), Una Engelbrecht
Willie Koorts aan die woord
Sterre was die tema
Lede sit in ‘n skoolklaskamer en luister na die spreker wat ook skyfies wys
Leave A Comment