Sirkel: Weskus

Tak: St Helenabaai

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Wilna Marx

Fotograaf: Elmarie Visser

Datum: 11 Junie 2024

Knoop-knoop deur die oggend op St Helena!

Op hierdie heerlike Junie-oggend kom die lede van die St Helenabaai bymekaar om met die kunste en handvlyt talente te woeker. Met die instapslag word die lede verwelkom met ons vaandel.

St Helenabaai Vaandel

Amanda Basson, vername macramé skepper kom haar talente met ons deel.

hdr

 

Amanda Basson

Macramé

Die tafels staan gereed vir vlytige hande om te begin knoop.

Tafels gereed vir lekker werk!

Die dames maak elkeen ‘n macramé sleutelhouer.

Elke dame ontvang ‘n sakkie met die nodige.

So ‘n geknopery is nie aldag maklik nie. Dit verg uiterse konsentrasie en fyn vingerdanse om die knope reg te knoop.

Hard besig met sleutelhouers.

Deel van hierdie VLV byeenkoms is ook ‘n markdag. Verskeie van St Helenabaai se vroulike entrepreneurs het hul produkte uitgestal en is ondersteun deur die lede.

Markdag-uitstallers

Almal het heerlik aan die sop, brood en eetgoed gesmul.

Verversings

Na ‘n heerlike kreatiewe oggend met ‘n “dankie sê” in die een hand en ‘n selfgeskepde sleutelhouer in die ander word daar huis toe gekeer.

‘n Heerlike oggend vol knope, kopies en kuier kom tot ‘n einde.

hdr

 

Dankie Sê