Sirkel :  Tygerberg

Tak :  Goodwood

Portefeulje :  Tuisteskepping
Beriggewer :   Alet Colyn

Datum :  11 Junie 2024

 

GOODWOOD PROE LEKKER

 

Elmine Moller het die oggend met ‘n demonstrasie van heerlike, maklike broodhappies afgeskop.  Die resep is eenvoudig – sny die korsies van ‘n snytjie witbrood af en rol hom platter met ‘n rolstok.  Sy gee ‘n klomp idees van vulsels, bv. sjokolade- of gewone grondboontjiebotter met “sprinkles” en/of neute, piesang, groenvye en fetakaas met neute, karamel, ens.  Vir die soutvulsels kan jy kaas en ham en tamatiesmoor, soet chillisous, uiemarmelade, agurkies en kaas met soet chillisous, gerookte hoender en mayonaise en worsies met soet chillisous kombineer.  Vir ‘n “springroll” kan jy dit met gaar kool en enigiets wat jy verkies, vul. Rol die broodjie op en “plak” dit met eier vas, doop dit in eier en meel en bak in warm olie.  MAKLIK EN HEERLIK!

 

 

Elmine Moller besig met die broodjies.

Sandra van Rooyen wat die “Blerrie Lekka” handelsmerk besit, het haar storie met ons kom deel. Sy bemark drie produkte nl. “Chilli Onion Marmalade”, “Onion Crunch” en “Chilli Crunch”.  Die basis is droë uie en chillies in ‘n spesery-olie.

 

Sandra van Rooyen vertel haar interessante storie.

 

Elmine en Sandra.

Goodwood het hierdie jaar uitgereik met twee omgeeprojekte, nl. Rainbow House of Hope in Goodwood en die Animal Anti-Cruelty League (AACL) in Epping.

 

Die kinders van Rainbow House of Hope saam met die huismoeder Alison Alexander (regs) en Alet Colyn (naasregs) by ons donasie.

 

Dierekos, kombersies en koerante vir die AACL.