Sirkel Worcester

Tak: VLV Ceres

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Saamroeper: Hannelie van Schalkwyk

Beriggewer: Louwna Hoving

Datum: 11 Junie 2024

CERES GENIET ‘N HEERLIKE MUSIEKOGGEND MET ‘N GROOT VERSKEIDENHEID

Hannelie van Schalkwyk

Hannelie van Schalkwyk doen ‘n PowerPoint-aanbieding met behulp van haar eggenoot, Hannes oor die ontwikkeling van inheemse Suid-Afrikaanse musiek. Sy verduidelik elke tydperk en hoe dit ontstaan het en speel na elke tydperk ‘n video wat betrekking daarop het.

  • Tydens die 1600 het inheemse volke rietjiesfluite gebruik.Met die kennismaking van Westerse musiek is die ramkie ontwikkel. Dis basies ‘n kitaar wat van kalbasse gemaak is.
  • Die Klopse het ontstaan uit Britte se militêre marsmusiek.
  • Sendelinge het die binneland ingetrek en die Woord van God versprei.In 1855 het ‘n onderwyser, John Knox Bakwe, begin om gesange met Xhosa klanke te komponeer.
  • In die vroeë 1900’s het Enoch Sontonga die seëngebed Nkosi Sikelel’ iAfrika gekomponeer.
  • Swart werkers het na die myne gestroom en die Marabi-musiek het ontstaan.Dit was protesmusiek teen die polisie en bedoel om mense na shebeens te trek.
  • Afrika jazzmusiek het gewild geword en Miriam Makeba het bekend geword met Pata-Pata.Ook Zoeloe musiek het gewilder geword. Zoeloe musiek het gewild geword met duidelike protes teen die regering.
  • 1973 is die eerste goue plaat vir swart musikante deur Ladismith Black Mambazo verower.Homeless is ‘n gewilde lied.
  • Yvonne Chaka Chaka het Reggae musiek gesing en baie gewild geword. Haar musiek is ook bubblegum musiek genoem.
  • Brenda Fassi was gewild vir Township
  • In 1980 het Johnny Clegg gewild geword. Hy het die Zoeloe kultuur geken en hul musiek wêreldwyd versprei.

Sangtrio: Wilna du Plessis , Marlene van Zyl en Elma Agenbag, begeleier Louwna Hoving

Vasvra

Louwna Hoving

‘n Musiekvasvra van 25 verskillende musiekinstrumente word gehou deur Louwna Hoving en die wenners ontvang ‘n beloning.

Wilma Steyn en haar Jazzdansgroep van sewe hoërskooldogters tree op.

Lede sing FAK-liedjies en word begelei deur Mariet Lambrechts op die trekklavier. 

Sy toon ook ou sangbundels en die FAK-liedboek, asook ‘n klavierkleed wat gedruk is met ‘n FAK-liedjie op.

Die eetgoed was op die tafel uitgepak op ‘n notebalk met die eerste reël van die VLV-lekkersinglied waarmee die vergadering ook afgesluit is.