Sirkel: Caledon
Tak: Hermanus
Portefeulje: Leefstyf
Sameroeper: Ria Briers
Beriggewer: Mariëtte Steyn
Datum: 10 Junie 2024
Hermanus “declutter” tydens Leefstyl-dag
Veronica O’Connell, binneshuise versierder van Onrus gesels met ons vroue oor “decluttering”. Sy voorsien vensterblindings en stoffering en gee advies met die verfraaiing van huise. Haar leuse is “Dit wat jy het, moet praat met jou”.
Minimalisties is die wagwoord. Opgaar of beter bekend as “Clutter” is sielkundig. Om te begin verminder is ‘n kopskuif en dit kan bevrydend wees om ‘n kas leeg te maak. Sy stel voor dat mens met een vertrek, een kas op ‘n slag begin. As iemand anders iets nodig het wat jy nie gebruik nie gee dit weg.
Sy lig die verskil tussen hou-van en nodig-hê uit en wys daarop dat mens maklik dit wat mooi is kan versmoor deur onnodige items. Pasop vir “goetertjies”.
Artikels wat maklik opgaar is o.a. skryfbehoeftes, margarienbakkies, halwe kerse, grimering, naelpolitoer, halwe medisyne bottels.
Interessante wenke wat sy voorstel is:
Maak ten minste eenkeer per jaar jou medisynekassie leeg en gooi uit,
Kyk na die sokkies sonder maat.
Geskenkpapier en sakkies – ‘n voorstel is, koop liewer ‘n inkopiesak vir die geskenke dan kan dit hergebruik word.
Pasop vir “specials” koop terwyl dit nie werklik nodig is nie.
Lappies op tafels is uit die mode.
Lapservette is nie nodig nie, jy kry net sulke mooi papierservette.
Groen is dié kleur wat in elke huis moet wees.
“Simplicity becomes elegance”.
Die vroue het heerlik saamgekuier en tee gedrink. ‘n Genotvolle, leersame middag.
Veronica (reg) aan die woord met Magda Marais (voorsitter, Hermanus) links
Vasgevang met belangstelling
Die kompetisietafels kreun onder al die inskrywing van gebak, konfyt, blommerangskikkings, ens.
Leave A Comment