Sirkel: Overberg

Tak: Hermanus

Portefeulje: Opvoeding

Sameroeper: Marianne Spamer

Beriggewer: Mariëtte Steyn

Datum: 10 Junie 2024

 

Hartjies vir Hawston

 

Ons taklede het vanoggend die koue trotseer om te kom idees uitruil vir ons “Hartjies vir Hawston” wat een van ons projekte ter ondersteuning van die VLV Jaartema Ons Jeug, ons Toekoms is. Ons beplan om 100+ hartjies in alle kleure te maak vir die matriekleerders van Hawston Hoërskool. Ons gaan kort voor die eindeksamen die skool besoek met ń “sterkte vir die eksamen”-boodskap. Elke matrikulant sal ń materiaalhartjie ontvang met komplimente van VLV ontvang. Baie baie dankie aan al ons flukse vroue.

 

Voor: Marlene Swart, Berta Koekemoer, Mariëtte Marx, Lizette Neethling

Agter: Elizabeth Terblanche, Diana Lamprecht, Magda Marais

‘n Paar hartjies wat klaar is

Nog spoggerige hartjies wys waartoe VLV-vroue in staat is

Dis meet en pas en gedagtes uitruil vir ‘n vale

‘n Kantjie hier en ‘n strikkie daar.