Sirkel: Caledon
Tak: Hermanus
Portefeulje: Handwerk
Sameroeper: Elizabeth Terblanche
Beriggewer: Mariëtte Steyn
Datum: 8 Junie 2024 World Wide knitting in Public
Hermanus brei vir die gemeenskap
In ‘n poging om twee vlieë met een klap te vang het die vroue van Hermanus VLV op Saterdag 8 Junie in die Hermanus Whale Coast Mall in die middel van die winkelsentrum gesit en brei as deel van die World Wide knitting in Public inisiatief. Talle lede en van hul vriendinne het heerlik saamgekuier en blokkies gebrei vir ons gemeenskapsprojek van blokkies vir ‘n kombers. In die proses om sommer ekstra blootstelling vir die VLV van Hermanus te gee, is ons vaandel ook vertoon. ‘n Heerlike gesellige oggend waar ons kon dien te midde van ’n heerlike saamkuier. Ons projek is nog steeds aan die gang en ons brei nog vir
‘n jaar lank lank. Ons vroue is besig om die winterkoue te verdryf deur ons vingers te laat wikkel rondom die breipenne en wol. Wat ‘n heerlike projek wat met groot entoesiasme aangepak word.
Blokkies vorder fluks
VLV vroue heerlik aan die brei in Whale Coast Mall
Die VLV Hermanus vaandel Word uitgestal om vir ons tak blootsstelling te gee
VLV vroue aan die brei
VLV vroue aan die brei
VLV vroue aan die brei
VLV vroue aan die brei
World wide knit in Public-logo
Leave A Comment