Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Portefeulje: Openbare Sake
Sameroeper: Birgi Oosthuizen
Beriggewer: Mariette Opperman
Datum van vergadering: 5 Junie 2024
Seilvaart op Langebaan se radar
Langebaan se Junie-vergadering was baie suksesvol te danke aan die bekwame bestuur en Openbare Sake se knap komitee.
Ons pragtige, elegante Estelle du Plessis (VLVK President) het die vergadering geopen. Sy en Bernice maak voor die tyd seker dat die klank en insetsels reg is.
Louna Niehaus en Ria Nagel wys hoe lekker dit is om voorsitter en sekretaris te wees.
Anchen Stemmet was ons formidabele gasspreker. Sy was saam met haar man, Francois, van die begin af betrokke by die ontwikkeling van Klub Mykonos se marina. Sy het eerstehands vertel van die geskiedenis van Mykonos aan die Weskus, interessante inligting oor seilvaart meegedeel, ons vermaak met kostelike staaltjies en foto’s gewys. Birgi het vir Anchen bedank.
Mercia Verwey was die gelukkige lootjiewenner.
Annatjie Hamman en Elmarie Dippenaar beoordeel die brosbroodinskrywing onder Louna se wakende oog.
Die gasvroue van Openbare Sake onder leiding van Birgi Oosthuizen het ons na die vergadering bederf met heerlike pampoen- en ertjiesop.
Louna en Marie de Villiers 2 staan met dankbaarheid by die bydraes vir ‘n skuiling vir moeders en kinders.
Leave A Comment