Sirkel:     Paarl

 

Tak: Slot van die Paarl

 

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

 

Saamroeper: Jackie Genis

 

Beriggewer: Annalise Loubser

 

Datum: 4 Junie 2024

VLV Slot van die Paarl leer van die Bela-wet

 

Thea Basson, Jackie Genis, Carien en Thys Smith (spreker oor sy boek), Maretha Groenewald en Johline Genis (spreker oor die Bela-wet)

 

Die opstel van die SA Skolewet van 1996 het gepoog om in lyn met die Grondwet te kom ten einde die regte van minderheidsgroepe/gemeenskappe te verseker. Twee fokusareas nl moedertaalonderrig en gehalte-onderrig is uitgelig.

 

In 2013 is ‘n taakspan aangestel deur die Minister van Onderwys om Basiese Onderwys-wetgewing te hersien. Twee fokusareas was die SA Skolewet en Indiensneming van Opvoeders 1998. Dit was ‘n lang proses totdat die Bela-wet (Basic Education Laws Amendment) voorgelê is aan die Nasionale Vergadering en verwys is na die Vergadering van Provinsies in Oktober 2023.

 

Wat behels die wet? Daar is 54 klousules oor verskeie onderwerpe. Die hoofpunte is Opvoedkunde- aspekte, Bestuursaspekte en Finansiële aspekte. Baie van die inhoud van die wet is positief.

 

Opvoedkundige-aspekte

*Skoolpligtigheid van Gr R tot Gr 9.

*Opvoeders en skoolhoofde dra verpligting om te gaan kyk of kinders in die skool is.

*Tuisonderrig moet geregistreer wees en spesifieke kurrikulum volg.

*Ouers wat kinders weerhou van skoolbywoning kan beboet word.

*Ondersoek individue en groepe op die skoolgronde as daar ‘n vermoede is van wapens, dwelms, ens.

*Gedragsreëls moet opgestel word met inagneming van kultuur, godsdiens en geslag.

*Hoe daar opgetree moet word teen ernstige misdrywe bv geweld, pornografie, dwelms, seks, teistering, diefstal, eksamenbedrog.

*Lyfstraf is herdefinieer en word verbied.

*Skoolontwrigting word verbied bv onluste.

*Toelatingsbeleid en taal- is beskryf. Beheerliggaam het beheer daaroor, maar dit moet tot voordeel van die betrokke gemeenskap wees.

*Die Minister kan ‘n skool sluit, maar dit is ‘n hele proses.

*As die beheerliggaam nie effektief funksioneer nie, mag die Minister beheer neem.

*Beheerliggaam mag geen vorm van vergoeding kry nie.

*Beheerliggaam mag aansoek doen dat die aard van die skool verander bv van ‘n gewone skool na ‘n sportskool.

 

Wat is die wet nie?

*Dit fokus nie op kurrikulum-aangeleenthede nie bv vakke, assessering, lewensoriëntering en seksuele onderrig nie.

*Dit is nie ‘n menslike hulpbronaangeleentheid.

*Daar is geen fokus op die infrastruktuur soos die bou van skole en mobiele klaskamers nie.

*Geen inklusiewe onderrig vir spesiale gevalle word bevorder nie.

*Daar is geen fokus oor die wegneem van die beheerliggaam se funksies nie.

 

Hoekom is daar dan so baie ongelukkigheid oor die wet?

*Daar is sentralisering en outokritisering van besluitneming.

*Die outonomiteit veral tov toelating en taalbeleid, van die gemeenskap (ouers) deur die Beheerliggaam word aangetas.

*Tuisonderrig word gereguleer.

*Kriminalisering van ouers as kind nie in die skool is nie.

Daar is ‘n gevoel by die belangegroepe bv DA en ACDP dat hulle insette nie in ag geneem is nie en dat die wet deurgedruk is in die laaste fases. Daar word nou gedreig met regsaksie.

 

129 mussies ingesamel vir vier Laerskole se graad eentjies

 

Uitstalling en bekendstelling van die boek Waardes vir kleintjies en kleuters deur Kinderland Akademie.