Sirkel: Namakwaland
Tak: Calvinia
Portefeulje: Landbout & Tuinbou
Sameroepster: Geen (Kobie Basson en Kani Parker het die vergadering gelei)
Beriggewer: Annica Strydom
Datum: 4 Junie 2024
Calvinia sorg vir tuine en voëls
Op 4 Junie 2024 het VLV Calvinia ‘n heerlike aand van Landbou en Tuinbou geniet by Kobie Basson se huis.
Kani Parker het vir die dames ‘n demonstrasie gedoen oor hoe om ‘n “Bird feeder” te maak:
Benodighede vir ‘n “Bird Feeder”:
- Voëltjiekos
- Grondboontjiebotter
- Toiletrolle
- Takkies/sosatie stokkies
Die eerste stap in die maak van die “Bird Feeder” is om die toiletrol vol grondboontjiebotter te smeer. Gebruik gerus ‘n botter mes. Daarna moet hierdie toiletrol in voëltjie sade gerol word. Maak dan gaatjies in die toiletrol om ‘n toutjie/vislyn deur te ryg. Opsioneel kan men sook stokkies/takkies aan die sykante van die toiletrol in druk sodat die voëltjies daarop kan sit terwyl hul lekker smul aan die saadjies.
Na die demonstrasie het Kobie Basson vir ons verduidelik hoe om tuinpotte te maak:
Gebruik 2 dele sand en 1 deel sement en meng dit alles saam. Dit sal maar ‘n papperige mengsel wees. Gooi dan die mengsel in vorms, byvoorbeeld maak gebruik van 2 verskillende grootte skottels. Gooi die sement in die groot skottel, wat uitgevoer is met ‘n swart sake n druk dan die kleiner skottel bo-op die sement mengsel en voeg los sand of iets swaar in die boonste skottel. Laat staan so paar dae tot dit droog is en gaan dan die boonste skottel af, asook lig dan die pot uit die onderste skottel. Sement bak kan dan geverf word of mosaiek.
Daarna het die dames na ‘n paar oulike inspirasie video’s op Youtube gekyk om oulike kunswerke uit herwinbare materiaal te maak vir die tuin. Kobie Basson het ook die mooiste gedig oor ‘n Hond voorgelees.
Die dames het die aand afgesluit met heerlike sop en brood en net lekker gesels!
Kani Parker met al die benodighede vir ‘n “Bird Feeder”
Rol die toiletrol met groondboontjiebotter op in voëltjiesaad
Voltooide “Bird Feeder” met stokkies aan
Kobie Basson met 2 skottels wat sy gebruik het om ‘n tuinpot te maak
Video van kunswerke uit herwinbare materiaal vir die tuin
Video van kunswerke uit herwinbare materiaal vir die tuin
Kobie Basson lees ‘n gedig oor ‘n hond voor
Leave A Comment