Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Saamroeper: Elsette Strachan
Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum: 4 Junie 2024

Bredasdorp klink glasie op suksesvolle Leefstylvergadering

“Creativity is allowing oneself to make mistakes. Art is knowing which ones to keep.” – Scott Adams.

Elsette Strachan, Leefstylsaamroeper, en die raakvat vroue in haar groep het op Dinsdag 4 Junie 2024,’n algemene takvergadering ‘par excellence’ aangebied. Soveel so dat die gehoor spontaan begin hande klap het net na Elsette se terugvoer oor Bredasdorptak se meningspeiling ten opsigte van die verwagtinge van Bredasdorptak vir die VLV.

Hierdie Leefstylgroep se keuses spreek van goeie beplanning, ‘n aanskoulike lokaal, ‘n verskeidenheid (tuisgemaakte) eetgoed, ‘n vol agenda en ‘n uitstekende spreker, Petro van Rooyen van Riviersonderend.

Dames het hulle stokperdjies uitgestal en tydens die demonstrasie het hulle sélf ‘n kans gekry om lapblokkies te kombineer. Wat dit maklik gemaak het is die verskillende stadiums van laslappiewerk wat die spreker stap vir stap voorberei en gedemonstreer het. Sy het van haar eie laslappiewerk gebring om te wys en die gehoor het met belangstelling haar wenke oor die materiaalkeuses, ontwerp en aanmekaar sit van ‘n kinderkwilt.

Lede kon tevrede wegstap met genoeg kennis oor die basiese beginsels van kwiltwerk…

* Katoen lap.

* Katoen gare.

*Akkurate blokke.

*Reguit sykante.

‘n Radio onderhoud is na afloop van die vergadering met die saamroeper en die spreker gevoer.

Terugvoer op sosiale media sluit opmerkings is soos:

“Dankie vir Petro wat so goed voorberei het. Perfekte manier om lapblokkies aan mekaar te werk. Elsette en span 10/10 vir al die reëlings.”

Daar was lootjies, gelukkige trekkings en selfs ‘n plakker onder een stoel vir ‘n Vadersdaggeskenk.

 

NG Kerksaal, Bredasdorp lede luister aandagtig.

Leefstylgroep, tesourier en voorsitter klink saam ‘n glasie op ‘n suksesvolle Leefstylvergadering.

Gina Joubert (‘n vorige Leefstyl saamroeper) links op foto, Elsette Strachan en heel regs die spreker, Petro van Rooyen.

Tyd vir ‘n radio opname. Petro van Rooyen staan by Letty-Ann Möller.

“Creativity is allowing oneself to make mistakes. Art is knowing which ones to keep.” – Scott Adams.Foto geleen by Facebook.