Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Christelle Nel

Datum: 22 Mei 2024

Daar skuil kreatiwiteit in elkeen van ons – al is jy nie kunstig nie!

Annalie Lategan, een van die tak se lede, bied ‘n baie verreikende kunsklas aan tydens die Kunste & Handvlyt vergadering. Sy oortuig die dames dat, alhoewel almal nie noodwendig kunstig is nie, daar kreatiwiteit in elkeen skuil. Elke dame kry geleentheid om ‘n eie abstrakte kunsitem te maak ná ‘n vinnige demonstrasie. Verskeidenheid van media soos waterverf, stensils, tou, prente, en so meer is gebruik. Die dames geniet die kunsklas terdeë.

Annalie bied ook ‘n boekbespreking aan en lig 7 feite uit waarom mense siek raak aan die hand van Dr Gabor Maté se boek “When the body says no”. Onthou altyd – jy is na God se beeld geskape, en die tweede bevestiging is God self!

Annalie Lategan tydens die boekbespreking

Prente te kus en te keur vir die abstrakte kunsklas

Dames besig terwyl Annalie hier en daar handjie bysit en wenke gee 

Maryke Lategan se kuns-artikel

Pragtige teetafel en voortreflike eetgoed deur Karen van Rensburg & Engela James