Sirkel SWD
Datums, April en Mei 2025
Beriggewer, Lydie Terblanche
SIRKEL SWD BIED DRIE SUKSESVOLLE ADMIN-SLYPSKOLE AAN
SWD-sirkelbestuur het drie administratiewe slypskole aangebied om tak-voorsitters, sekretaresses en tesouriers, in terme van al bestuursfunksies, met praktiese raad en daad te kan ondersteun. Hierdie slypskole was om almal, maar veral die nuwe takbestuurslede, met meer kennis te bemagtig. Daar was onder meer aandag gegee aan bestuur-dinamika met die oog op sterker bestuurspanne, kommunikasie-strukture, die noodsaaklikheid van sperdatums, asook praktiese leiding om verslae korrek te kan voltooi. Voorbeelde van alle vorms is uitgedeel.
Slypskole is by Diepkloof, Ladismith en Voëlvlei aangebied. Alle takke is hierby betrek.
30 April: Blanco, Diepkoof, Eden, George, Klein-Brakrivier en Sedgefield
23 Mei: Calitzdorp, Ladismith, Oudtshoorn en Ladismith
30 Mei: Hartenbos, Herbertsdale, Stilbaai en Voëlvlei.
Die terugvoer van al die takke was uiters positief en dit sal in die toekoms beslis weer aangepak word.
Leave A Comment