SIRKEL: SUID-OOSKUS

TAK: HUMANSDORP

BERIGGEWER: ORA SCHROEDER

DATUM: 25 MEI 2024

Die gesig agter die VLV-lekkersinglied

 

Babsie Hanekom het ‘n ongelooflike talent vir Woordkuns. Sy het eers begin deelneem aan VLV-kompetisies toe sy 23 jaar gelede by die Humansdorp-tak aangesluit het. Terwyl sy op die komitee gedien het, het sy ook ander genres aangepak.

Sy het haar as onderwyseres bekwaam aan Denneoord op Stellenbosch. Sy het menige operettes, konserte en kore afgerig en het ook verskeie skole se skoollied geskryf. Sy het ook Moedergemeente in Humansdorp se feeslied geskryf. Sy was tydens haar 14 jaar in Tsitsikamma die orrelis van die gemeente.

Tydens haar verblyf op Humansdorp het sy verskeie eerste plekke vir haar Woordkuns by konferensies en kongresse verwerf. Sy het die Kaaplandse VLV-lekkersinglied geskryf en getoonset. Sy het ook die plaaslike Blommeklublied geskryf.

Daarbenewens was sy in haar jongdae ‘n kranige sportvrou en het aan hokkie, tennis en netbal deelgeneem en het SWD kleure in hokkie verwerf.

Babsie is die ma van 3 kinders en 6 kleinkinders. Haar man, Pelser, is in Januarie 2015 oorlede.