SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
DATUM: 22 MEI 2024
TEMA: LEEFSTYL
SAAMROEPER: MARGO DU PLESSIS
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
Vryburg dra turkoois vir senior burgers
Vryburg VLV leer meer oor nuwe tegnieke om tradisionele borduurwerk met die borduurmasjien te doen. Borduurwerk word vir eeue reeds in verskillende lande beoefen soos Hargangerwerk in Noorweë, kruissteek en smokwerk in Italië en swartwerk in Spanje. Margo du Plessis vertoon voorbeelde hiervan asook dollaslap- en appliekwerk, lint-, ogies- en vryhandborduurwerk, kant en spoelknoopwerk wat met haar masjien gemaak is.
Lede dra turkoois om bewustheid van die behoeftes van senior burgers te kweek. Lede skenk skenk kruideniersware aan die dienssentrum se kombuis, het hulp verleen met die maak van gordyne vir Rusoord en beoog om in Junie nagereg vir inwoners te maak.
Margo du Plessis met haar kleurvolle borduurwerk
Lede dra turkoois: Voor: Carien van Niekerk en Lindi van Vuuren
Agter: Memory Scholtz, Trudie Kok, Ronell Kemp, Adila Theunissen, Daline Geere, Charlotte Bouwer, Erika Linde, Marietjie Steyn, Margo du Plessis, Petro Ollewagen en Nellie Viljoen
Carien van Niekerk oorhandig kruideniersware aan Carina Botma van die dienssentrum
Leave A Comment