Sirkel: SWD
Tak: VLV Hartenbos
Studierigting: Leefstyl
Saamroeper: Loy van Sittert
Beriggewer: Wilma van Staden, geskryf deur Marietjie Albrecht
Datum: 21 Mei 2024
Hartenbos se groot sukses
Rolien verwelkom almal op haar spontane vriendelike manier
Waarna Marie Louw van George ons vul met Woorde.
Woorde kan die lewe versuur of vier.
Snik, grens en ween is almal om te huil… net verskillende soorte.
Om te lag is grinnik en glimlag en skater.
Woorde kan bemoedig, opbou, inspireer en troos
Maar ook afbreek en beledig… wat ‘n flater!
Volgens Spreuke bring ‘n kalm woord vrede
Maar ‘n krenkende een woede… dis boos!
Om te swyg bring ‘n atmosfeer van stilte… ons almal se bede.
Die wenspan van die dag, vlnr Rolien Smit, takvoorsitter, Loy van Sittert, Leefstyl saamroeper, Maria Louw, Aanbieder van George, Marietjie Albrecht, lid van Leefstyl–span, Sophia Vivier, lid van Leefstyl–span.
‘n Ou Huis en Haard uit toeka se dae
Tot die digitale weergawe van vandag maak steeds opslae.
Tilla vertel van haar oupa, jare gelede, in die H&H
Ook later jare in Die Burger tydens ‘n Van Riebeeksfees
Volgens haar was daar ‘n sterk ooreenkoms, seker die baard,
met Jan Smuts. Mag dit vir haar ‘n mooi herinnering wees.
Tilla Schoeman aan die woord. Tilla het meer as 55 jaar diens in die VLV.
Hannelie en Naomie (ander afwesig) verjaar die maand
‘n mooie geskenkie vir elk uit Loy se hand.
Wilma en Rolien oorhandig die kombersies
Aan mense in nood en seer by Biesiemandjie,
Daar versorg Elsmarie 17 eina mensies met kos en klere
kom ons help versterk haar helende hand met ons bede.
Rolien Smit, voorsitter van tak en Elsmarie, die Moeder van Biesiemandjie met die geskenkte kombersies.
Marie Louw, reeds lid vanaf 1965,
20 jaar voorsitter en 12 jaar president van Sirkel Tygerberg,
Demonstreer die roerbrood vir 2025.
Lees resep deeglik! Dit sal jou aandag verg
Skakel oond aan, spuit panne
Skud pakkie gis, jy moet dit hoor… anders…. maak maar ander planne
Roer deeglik, sit op stoof om te rys
Wees geduldig en eindresultaat sal sukses bewys.
Maria Louw besig met haar demonstrasie
Loy vertel wat jy alles met een gaar hoender kan maak
4 dae se gereggies vir een persoon wat heerlik smaak.
So-ook met 500gr maalvleis
Wat jy op verskillende maniere kan berei en rek met rys.
Loy van Sittert, saamroeper van Leefstyl
‘n Interessante kaasbal word demonstreer
‘n lekkerny wat jou sal laat terugkom vir meer.
Martie vertel ons van vuurtorings
Hoe uniek al 56 se boustyle en ligte is
2 Fluite elke 60 sek is PASOP!! vlg die mishorings
Elke 15 sek flits die lig wat tot 16 seemyl see in wys
Selfs ons eie Cape St Blaise.
Martie Visagie aan die woord
Tilla wen die lootjie
Die marktafel maak ‘n goeie fooitjie.
Die kompetisies se goeie resultate
Wys deeglik Hartenbos VLV is ‘n bate.
Elmarie Engelbrecht, beoordelaar by haar tafel met kompetisie items.
Nog kompetisie items
Heerlike sop en broodjies word bedien
Gelukkig vir die weer het ons dit versien.
Weereens het die gasvroue hul oortref
‘n Suksesvolle oggend wat my betref.
‘n Ietsie ekstra: By die byeenkoms is die 40 jaar diensknopie aan Marietjie Albrecht oorhandig. Wat ‘n staatmaker!!!!
Rolien Smit ,Voorsitter en Marietjie Albrecht met haar 40 jaar diensknopie. Veels geluk.
Baie baie oulik gedoen….VLV Hartenbos voorwaar n wenspan en TAK.!! Dankie Wilma