Sirkel : Tygerberg
Tak : Goodwood
Portefeulje : Openbare Sake
Beriggewer : Alet Colyn
Datum : 21 Mei 2024
Goodwood leer van HOOP en geniet dit om te Pik-en-Proe
Willinda Ford van HOOP, die welsynsinisiatief van ‘n plaaslike radiostasie, Bokradio, het die lede oor hulle werksaamhede kom toespreek. Hierdie projek is ses jaar gelede van stapel gestuur met die doel om ‘n verskil te maak en om hoop in mense se lewens te bring. Twee permanente persone en 15 vrywilligers is hier aan die stuur van sake.
Sy vertel hoe luisteraars betrokke is en noem talle voorbeelde waar hulle ‘n verskil maak, bv.om mense se huur te kan betaal, koopbewyse vir kos te verskaf, ens. Hulle is steeds verbaas oor die vinnige manier waarop luisteraars op oproepe om hulp, reageer. Hulp vanuit die buiteland het hulle ook al verstom.
Vrywillige bydraes word in hulle winkel verkoop en die Organisasie beskik ook oor ‘n haarsalon. Hulle help ook die Bottelaryskool vir plaasarbeiders se kinders.
Marianne Oosthuizen (sameroeper) en Willinda Ford (spreker).
Wenda Preuss (Voorsitter) by die bydraes wat lede saamgebring het.
Op Vrydag, 24 Mei 2024, was ons Tak ook deel van die jaarlikse Pik-en-Proe-geleentheid met “Op Safari” as tema. Goodwood was verantwoordelik vir die lekker pampoensop.
Gesellig om die tafel. Connie Marais, Christa Coomber, Elize Eksteen, Marianne Oosthuizen, Jo-Ann Gericke en Wenda Preuss.
Wenda Preuss, Connie Marais, Marianne Oosthuizen en Elize Eksteen aan die werk.
Jo-Ann Gericke en Christa Coomber.
Leave A Comment