SIRKEL WESKUS
TAK: AURORA
PORTEFEULJE: AURORA VERJAAR
SAAMROEPER: TAK
BERIGGEWER: MARINDA VAN WYK
DATUM: 21 MEI 2024
AURORA-TAK WORD 45!
OP 7 Mei was ons tak 45 jaar oud (gestig in 1979) en het ons dit gevier met ’n uitstappie na die Koringmuseum in Moorreesburg en middagete by die Plaasmol in Hopefield.
Die Koringmuseum, geopen in 1978, is enig in sy soort in Suid-Afrika en een van slegs twee sulke museums ter wêreld.
Hier het ons geleer oor die geskiedenis van koring, deur twee groot sale gestap vol implemente wat sedert 1800’s gebruik is vir ploeg, hark, saai en oes. Twee van ons vrouens se gades het saamgegaan, en ons kon hulle beswaarlik wegkry van die trekkers, sense, sekels, dorsmasjiene, ploeë en perdemeul. Die Perdemeul is ’n nuwe toevoeging wat op 13 Maart vanjaar amptelike ingewy is.
Die ou vervoermiddels soos die kakebeen-ossewa en kapkarre was fassinerend om in lewende lywe te sien.
Na ’n lang kuier, is ons na die Plaasmol in Hopefield. Dit was beslis meer as net ’n middag-ete. Hier kan jy drentel in die opelug tussen plaasdiere en jou verlustig in die kuns van herwinning; idees wat jou mond laat oophang. Jy stap ook nie hier weg sonder ’n plantjie of iets lekkers om later te eet nie.
Groepfoto by Koringmuseum, Moorreesburg
Ons toergids spreek ons toe
Ons voorsitter Rae Smit, luister aandagtig na Susan van Geems, Sameroeper Openbare Sake.
Een van die menige ploeë in die museum
Ossewa
Middagete by Plaasmol, Hopefield
Plaasmol ingang
Laaste rusplek van die ou DC3 vliegtuig by Plaasmol, vervaardig in 1943 en gebruik in Normandië
Herwinning van ’n ou bad
Herwinning van ’n ou motor
Dit lyk na sommer ‘n lekker 45-jarige viering! Dankie vir die deel en jou pragtige foto’s.