Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Portefeulje: Leefstyl & Naaldwerk

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 16 Mei 2024

 

Muggie du Toit, Erika Wijnjeterp (spreker), Amanda Kapp, Martell Swart (saamroeper), Tersia Pretorius

Speldekussinkie of humbug vir ‘n sleutelhouer in gaassteek (Jenny Moore)

Dollaslapwerk met borduurwerk & versierings (Erika)

Kruisiesteek (Erika)

‘n Houer vir spelde en naalde in kettingsteek (Jenny)

‘n Voorbeeld van gingham lace (Erika)

Pandora’s box – 5 tegnieke (Jenny)

Hardangerwerk (Erika)

Speldekussinkie (Erika)

Dollaslapwerk met borduurwerk versier (Erika)

Borduur is nog cool by Paarl Aand

Erika Wijnjeterp kom wys borduurwerk is na al die jare steeds cool. Sy het ‘n groepie, die Flukse Vingerhoede, wat tweeweekliks bymekaarkom en handwerk doen.

Die oudste stuk lap waarop steke aangebring was, wat behoue gebly het, is in Peru gevind..

Marco Polo het ‘n groot rol gespeel om geborduurde artikels na die Weste te bring.

Gaasborduurwerk veral was baie gewild in die 18de eeu. In die Romeinse tyd is borduurwerk gebruik om items in die huis te versier. Tradisies en geskiedenis is op gebruiksitems ingeborduur.

Erika neem haar gehoor kortliks deur verskillende soorte borduurwerk soos Swartwerk, Assissiwerk, Lagarterawerk (geometriese Spaanse motiewe in kleur), Hardanger, Indiese, Australiese lacework/ gingham lace, kruisiesteek. Dan is daar nog tapisseriewerk, Bordello, Florentynse werk, tentsteek, stumpwerk, Schwalmwitwerk, saamtrekwerk.
In 1523 verskyn die heel eerste patroonboek vir borduurwerk in Duitsland. Vanaf die 16de eeu het borduurwerk oordadig geword en was veral vir gebruiksartikels gebruik. Die laaste groot oplewing in borduurwerk was in die laat 1980’s met kerspitwerk.