Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Portefeulje: Kuns & Handvlyt
Sameroeper: Christel Bakkes
Beriggewer: Erentia Hendriksz
Datum: 16 Mei 2024
ALEXANDRIA TJHOKO DIT UIT!
Christel Bakkes en haar span het ‘n heerlike oggend saam met Sharon Welman van Tjhoko Paint gereël. Sharon het die lede vertel van die verskillende Tjhoko produkte en het ‘n demonstrasie met Stencil of Paris gedoen. Dit het die lede omtrent geinspireer om hul kreatiewe vlerke te sprei met hul eie projek.
Die dames het ook die geleentheid gehad om‘n hardeband boek met Stencil of Paris te versier. Tjhoko Paint het die verf en die allermooiste stencils verskaf vir die oggend se projek en die lede kon na hartelus kies en keur. Te veel keuses kan mens maar lekker laat kopkrap ook!
VLV Alexandria het die oggend saam met Tjhoko Paint verskriklik geniet. Dit was ‘n heerlike kreatiewe, kuier oggend. Die dames was baie in hul skik met hul pragtige skeppings en ons kan almal saamstem dat hulle omtrent ‘n kreatiewe klomp bymekaar is.