Sirkel: Weskus

Tak: St Helenabaai

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Wilna Marx

Fotograaf: Elmarie Visser

Datum: 14 Mei 2024

St Helenabaai waar ‘mooigyt’ Koning Kraai

In die saal werskaf die leefstyl groep

want die res van die tak is vir ‘n vergadering geroep.

Estelle en die gasvrouens is al van vroegdag hier

want vandag in St Helenabaai word HERFS en HUIS gevier!

Blomme, servette, tafelversierings

 

‘n Potpourri sakkie, mooi toegedraai vir elke gas,

met die geur van seisoene, wat die lug om jou was.

Potpourri sakkie

 

 

 

Vrolike, vriendelike, geselsende vroue kom die saal binne

gaan sit om die tafels en kuier met hulle vrinne.

Van die mooie gaste

 

 

 

 

 

 

Liewe Ann, onlangs uit ‘n siekbed opgestaan

steek vandag vir ons, ons Vriendskapskers aan.

Aan elke vriendin met siekte, seer en pyn

wy ons een minuut van stilte, as liefde-samesyn!

 

Ann Myburgh steek die vriendskapskers aan.

 

Hannelie Denner ‘n spesialis in interieur ontwerp,

kom ons kennis van mure behang, so bietjie opskerp.

Formele en informele groepering, elkeen kan self besluit

maar onthou sê sy: “Jou mure vertel hoe jou hart ontsluit”.

Besoek gerus Hannelie se Facebook-blad

waar haar talente jou voete onder jou uit gaan slaat.

Annerkantdiedraad, dis waarheen jy op Facebook moet gaan,

en hier is die skakel wat vir jou die pad daarheen sal baan.

https://www.facebook.com/annerkantdiedraad?mibextid=ZbWKwL

 

Hannelie Denner – Interieur ontwerper, skilder, fotograaf en vele meer!

 

Herfskos, hiervoor sit elke dame aan,

Heerlike kerrie en rys, blatjang, piesangs en klapper

Ook ‘n skeppie gestoofde vrugte daarmee saam

en dan tuisgebakte brood deur ‘n bobaas bakster.

Kerrie en rys

 

‘n Soete koeksister saam ‘n koppie koffie of tee

voordat ons groet en gaan op ons weë.

Koeksisters, tee en koffie