Tak: Sirkel NOK
Studierigting: Sirkeldag
Aanbieder: Verskeie
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 11 Mei 2024
BESIGE NOKLANDERS!
NOK se Sirkeldag is ‘n jaarlikse hoogtepunt op die VLV-kalender. Vanjaar het afgevaardigdes van 7 dorpe die dag op Saterdag 11 Mei te Dordrecht bygewoon. Die dag is gelei deur Sirkelpresident Irma Davel van Sterkstroom-tak, met aanbiedings deur verskeie persone.
Landbou se NOK-saamroeper is Lenie Fourie van Dordrecht en sy het self haar aanbiedings gedoen oor die twee kompetisie-artikels, wat net tot op Konferensie-vlak gaan. Eerstens moet lede ‘n Gunsteling Potplant inskryf, waarvan die pot ook versier moet wees. Dan moet daar vir Herwinning twee pare oorbelle gemaak word wat op ‘n selfgemaakte raam vertoon word.
Megan Moorcroft of Sterkstroom is the Circle Convenor for Lifestyle, and she had her hands full to give hints on a wide variety of competitions. For NEC Conference she explained what was needed for Machine work (2-piece summer pyjamas for Boy or Girl 4-5 yrs old), for Knitting ( A 3-piece doll’s outfit using 4 ply wool – Bigger than Barbie doll and displayed on doll), for Crochet (Article with t-shirt material), Floating Section ( Sew filt animal toy made by hand), Bottled (Apple jelly), Baking (Biscotti rusks), and Sweets (Melted chocolate with caramel filling).
The Lifestyle competitions for Congress consists of the following: Embroidery (Cushion cover worked in Indian Chain stitch), Machine work (Overnight bag), Knitting (Soft toy), Crochet (Modern, button through summer cardigan), Weaving (Runner for a table), and the Floating Section (Quilt for a toddler).
Irma Davel is NOK se Saamroeper van Kunste & Handvlyt en het verduidelik wat die VLVK Kompetisies se Knopekuns behels. Skilderkuns (Olieverf met Spirituele tema) is deur Martie Basson van Burgersdorp aangebied, Woordkuns (‘n Epigram – tipe gedig) deur Antoinette van Pletzen van Aliwal-Noord, en Fotografie (Elegante Eenvoud) deur Lollie Venter van Dordrecht.
Verdere NOK-kompetisies was o.a. Kaartjiekuns (Diorama of 3D découpage) en Inkleur (Kombineer teenoorstaande twee kleure op die kleurwiel op ‘n eenvoudige prent) wat weereens deur Martie Basson aangebied is. Retha Peens van Queenstown het die NOK Verf-kompetisie behandel deur te verduidelik hoe ‘n “Clipboard” versier moet word. Blomme-kompetisies is deur Marie Pretorius van Molteno behandel. Die Rangskikking se tema is “My Kreatiewe Skepping”, en die Teetafel moet ‘n Denkbeeldige sny karton-koek met bypassende Porselein/Brass/Silwer hê.
Die Diorama se uitstaanprentjie moet uit ‘n minimum van 3 lae bestaan, en 2 kaartjies word benodig. Die Epigram moet ‘n sentrale tema hê en ook aan die Poëtiese begrippe voldoen. Bv Rym, Alliterasie, Assonansie, Ritme, Metrum, Refrein, Beeldspraak, Eufemisme, Retoriese vraag, Kontras, Klanknabootsing, Sarkasme, Satire, Simbool, ens. Soorte gedigte is ook verduidelik. Die geverfde Clipboard moet A4-grootte wees en onderlaag aan beide kante hê. Dit moet met ten minste drie mediums versier word, bv verf, modge podge, stensilwerk, ens. ‘n Strik, pen, knip, ens. moet bo-aan vasgesit word. Die Inkleurprent moet ‘n eenvoudige ontwerp hê en met potloodkryt ingekleur word. Dink vir die spirituele Skildery wyer as net ‘n Bybel of biddende hande. Dink aan Vriendskap, Leeukuil, ens. By die Knopekuns moet twee-derdes van die oppervlak met knope bedek wees. Kraletjies/Beads soos vir doilies kan as vullers gebruik word. By die Blommeafdeling moet die koekskyf eerste gevou word en dan word die kant daarop vasgesit, en verder versier met blomme. Gebruik koppiespelde met kleurvolle koppies. Marie het ook verduidelik hoe om blomme te bedraad. Fotografie is die vasvang van ‘n oomblik in tyd. Lig en Beligting is baie belangrik. Bv die Goue Uur is die Halfuur voor en na Sonopkoms/Sonsak. Let wel: daar is ‘n verskil tussen mooi foto en GOEIE foto. Dis nie WAT jy afneem nie, maar HOE!
Aanbieders van links: Martie Basson, Antoinette van Pletzen, Irma Davel, Marie Pretorius, Megan Moorcroft, Lenie Fourie & Retha Peens
Lollie Venter tydens haar aanbieding oor Fotografie
Irma Davel met ‘n knope prent
Megan Moorcroft se voorbeelde
Koekskywe van Karton op gedekte Teetafel
Landbou se Rame vir uitstal van Oorbelle, met Potplante voor
Voorbeelde van Diorama en Inkleur
Leave A Comment