SIRKEL: KALAHARI

TAK: VRYBURG

DATUM: 10 MEI  2024

TEMA: LANDBOU EN TUINBOU

BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN

VLVK-roos blom steeds in die Kalahari

 

Met VLVK se 85ste verjaarsdag in 2014 is die VLVK-roos deur Erika Lubbe, VLVK-president bekendgestel. Die roos is spesiaal deur Ludwig Taschner gekweek en word steeds aangeplant.

Tydens die onlangse konferensie van Sirkel Kalahari het Corlie van Zyl, sirkelpresident, en Nellie Viljoen, sirkelsekretaris, elkeen ‘n roosboom ontvang om in hul tuine te plant. Tien weke later en die eerste blomme maak hul verskyning. Die laaste roos van die somer, voor die winterkoue toeslaan.

VLVK-roos