SIRKEL: Overberg
TAK: Hermanus
PORTEFEULJE: Landbou & Tuinbou
BERIGGEWER: Mariëtte Steyn
DATUM: 9 Mei 2024
Plantkundige gesels by Hermanus-tak
Ons byeenkoms van Woensdag 9 Mei was ń groot sukses. Ons Landbou-afdeling het vir Reinhardt van die Onrus-tak van Hermanus Hardware as spreker gehad en wat ń interessante en leersame middag was dit nie!!
Hy bespreek verskillende fasette van plante, nl tipe plante wat by ons aard, snoei, maak van steggies asook die korrekte plantproses.
Hy het verskeie uitheemse plante (hoofsaaklik vanaf Australië en Nieu Zeeland agv ons soortgelyke klimaat) bespreek. Plante soos Coastal Oak, sandolyf, Australiese cherry, wat goed groei hier en ook van ons eie inheemse plante word uitgelig.
Heiningplante en hoe om hulle terug te snoei is mooi illustreer met verwysing na onder andere die Clarissas en Noem-noems met sy klein suurvrugte (eetbaar) wat goeie heinings kan vorm. Die Noem-Noems word 2 m hoog en is baie gehard. Kleiner plante soos die Duinekruisbessie is ook baie gehard en uitstekende heinings. Die belangrikheid van snoei by heinings word bespreek nl voorkom dat jou plant stokkerig word. Terugsnoei bevorder gesonde plante
Maak van steggies: Growwe riviersand is die beste om steggies in te plant. Help dat plant gouer wortels maak. Steggies moet klam grond hê en moenie warm raak nie.
Plantproses: Hy lig ons in hoe om ń lekker groot gat voor te berei met goeie kompos bv gesifte sampioen-kompos wat met die grond wat uitgegrawe is, gemeng word. Die drie kodes van kunsmis word vir verduidelik sodat ons kon leer watter deel vir wortelgroei, vir groen kleur en watter deel vir blom is. Afwisseling tussen organiese en anorganiese stowwe word bespreek. Dankie Reinhardt ook vir jou uitnodiging dat enigeen welkom is by die winkel en aan te klop vir raad.
Ons marktafel het gekreun onder vars produkte uit die Vallei.
Ons kompetisie tafel het is oorval met inskrywings van heerlike gebottelde chutney en quiches van hoogstaande gehalte. Eie resepte kon hiervoor gebruik word.
Leave A Comment