SIRKEL: Tygerberg
TAK: Kuilsrivier
PORTEFULJE: Naaldwerk: Die loopbaan Christel Geldenhuys en Little Quilts of Love
SAMEROEPER: Mariëtte Krige
BERIGGEWER: Mariëtte Krige
DATUM: 8 Mei 2024
Kuilsrivier se Rusbank Reis duur voort!
Bestemming vir die maand is Iran!
Die vlag van Iran. Die kroon het aan die laaste koning van Iran behoort. Hulle brood is ook heel anders as ons brood.
Met ‘n vergadering wat oorloop van lag, gesels, baie inligting en vriendskap.
Die opening het konsentreer op Hemelvaart, aangesien ons 9 Mei Hemelvaart herdenk. Gerda Visser het vir ons die wonder van die liefde van God weer bevestig.
8 Mei is vir ons as Afrikaanssprekendes baie belangrik, in 1925 is Afrikaans amptelik as spreektaal in die wet erken. Ons begin deur lekker “olka bolka” te speel en 5 dames wen elkeen ‘n Chomp! Daarna lees Mariëtte Krige van die spreuke van CJ Langenhoven voor en ook die gediggie “Die Sondagskool” van AG Visser. Langenhoven het tot die politiek toegetree om te help om ons mooi taal amptelik te help erken. AG Visser se gediggie pas by ons reën seisoen en vra: Was die boere toe tevrede?
Nog ‘n voorlesing deur Mariëtte Krige van raad in die ou dae, vanuit die Singer handleiding van 1949, en die vertolking daarvan in vandag se spreektaal. Toentertyd moes jy alles netjies gemaak, van die huis en tot jouself, tot die vingerpunte gepoeier om die merke op die lap te maak nie. Vandag koop ons lap en wegneemetes en laat waai op die masjiene. Ons kan nou ontspan en naaldwerk doen sonder allerhande kwessies!
Christel Geldenhuys, ons spreker, het ons kom vertel van haar loopbaan. Sy het opleiding as kostuumontwerper by KRUIK ontvang en begin deur kopspelde op te tel en aan te gee. ‘n Wonderlike loopbaan waar sy vir baie bekendes geklee het vir wonderlike rolle. Na haar troue het sy allerhande draaie in haar loopbaan gemaak, tot dowes opgelei om naaldwerk te doen. Nou is sy besig met die mooiste trourokke en matriekafskeidrokke.
Christel Geldenhuys wys hoe die hemp wat gemaak is om by ‘n periodestuk te pas, alles in detail, tot die lussies in plaas van knoopsgate by die moue.
As deel van die versiering van die saal en tema, is die dames gevra om aandrokke, trourokke of ander aandklere saam te bring en uit te stal. Van die mooiste fyn rokke! Kant en klein handgewerkte stekies.
‘n Matriekafskeidrok, blou, heel links, is deur Christel Geldenhuys gemaak vir Mariëtte Krige se dogter en vele meer wat net bewonder kan word. Almal kon gaan kyk, Christel maak klere wat binne net so goed lyk as buite!
Om te kwilt is net so ‘n groot lekkerte vir baie van ons. Longarm Quilting Service het vir ons pragtige lap gebring om te koop, maar nog ‘n groter storie wat almal se harte geraak het. Hulle is ook deel van die Little Quilts of Love. Die klein kwilts (daar is 3 om van te kies), word aangebied as ‘n baba stil gebore word. Die moeder, of ander naby aan die moeder en stilgebore baba, kan dan een kies om die baba in toe te draai. Die kwilt kan dan saan met die baba begrawe word, of die kwilt kan teruggegee word, vir ‘n ander moeder om te gebruik. Daar is ook pakkette wat gekoop kan word en dan kan die mense die kwilt self maak.
Meer oor die organisasie Little Quilts of Love
Die vergadering is afgesluit met eet en dringoed. Die Iranese “Cake Yazdi”, ‘n Persiese Muffin met kardemom, is bedien. Iranese eet nie baie skerp gegeurde kos nie, dit kon geproe word met die muffins, die smake val sag op die tong.
Volgende maand reis ons verder!
Leave A Comment