Sirkel:     Paarl

 

Tak: Slot van die Paarl

 

Portefeulje: Tuin- en Landbou

 

Saamroeper: Fia la Grange

 

Beriggewer: Annalise Loubser

 

Datum: 7 Mei 2024

 

Slot van die Paarl hou vergadering by Boland Landbouskool

 

 

Taklede saam met die leerders

 

As inleiding tot die vergadering is die buitelug geniet deur met bussies rondgeneem te word op die plaas. Die wildkamp is besoek (daar is springbokke, kwaggas, elande, wildebeeste) en ‘n draai is gemaak by die aquapontic-plaas voordat die tak-lede tee en verversings geniet het in die Lapa.

 

Die Aquaponics-sisteem is een van die nuwe tegnieke wat bedryf word by die skool. Die visse (Mosambiek Tilapia) word in geslote watersisteem gebruik vir die kweek van kruie en slaai. Mens kry Mosambiek en Suid-Afrikaanse Tilapia.

 

Aquaponics

 

Die skool is baie trots op hul jong blok Cabernet Sauvignon druiwe. Dit is as die blok van die jaar aangewys deur Windmeul Wynkelder waar die druiwe gelewer word. Die kelder bottel ‘n aantal bottels wyn met die skool se eie etiket wat by die skool vir spesiale fondse bemark word.

 

Nog iets waarop die skool baie trots is, is hulle Brahman-stoet. Van die leerders het puik presteer en pryse verower by die SA Jeugskou Kampioenskappe met die pragdiere. Dit is van die moeilikste rasse om te hanteer. Eendag is eendag en dan wil die skool hulle eie skou op eie bodem aanbied as die nodige geriewe omskep is.

 

John Henry Hickman, oudleerling en Leerder-ondersteuner vertel hoe die plaas se naam eers Langverwacht was en dat die skool in 1962 begin het met 120 leerders. Hulle beoog om volgende jaar 410 leerders in te neem. Die skool maak voorsiening vir seuns en dogters. Hulle kan in enige na-skoolse studierigting hulself bekwaam. Die leerders kry genoeg geleentheid in die akademiese sowel as praktiese sy van boerdery.

 

Hierdie vergadering het goed ingeskakel by die VLVK se Jaarprojek van bevorder en kweek ‘n liefde vir die natuur en diere deurdat daar rondom die teetafel met heelwat leerders gesels is. Die lede het geleer en kan so weer die kennis oordra aan ander.

 

Visse in die aquaponic-sisteem

 

Almal luister aandagtig en verwonder hulle aan die plante in die aquaponic-sisteem