SIRKEL: MIDDELLAND
TAK: ALEXANDRIA
BERIGGEWER: Voorsitter Anlouise O’Connell
DATUM: 4 Mei 2024
Alexandria member: 86 years old and still going strong!
Tannie Edith Barris is gebore in Swakopmund, Namibiё op 11 November 1937- net voor die Tweede Wêreld Oorlog. Woon hier vir 35 jaar en trou op ‘n baie vroeë ouderdom. Uit die huwelik is twee kinders gebore.en ongelukkig skei hulle na sewe jaar van getroude lewe. Drie jaar later ontmoet sy Jack, die liefde van haar lewe, en trou hulle en woon in Kaapstad vir 24 jaar. Met Jack se aftrede en haar dogter se troue met ‘n boer in Alexandria, verhuis sy en Jack in 1990 na Alexandria. Hulle woon in Piet Greyling straat vir 26 jaar en was hulle 47 jaar getroud tot en met Jack se afsterwe. In 2019 verkoop sy haar huis en trek in by Huis Diaz waar sy met haar blymoedige geaardheid, die ander bejaardes opbeur en aanmoedig om elke dag met dankbaarheid te leef en nie teneergedruk te raak nie. Sy maak voorskote, herstelwerk aan artikels en ander masjienwerk vir die ouetehuis. Sy is baie gelukkig in Huis Diaz en hulle is lief vir haar.
Tannie Edith sluit aan by die VLV Alexandria in 1995 en is ‘n aktiewe lid van ons tak. Sy was ook al die saamroeper van die Gesondheidsportefeulje. Sy neem entoesiasties deel aan die tak- en Kongres-kompetisies se Breiwerk en Masjienwerk.
Sy bring gereeld masjienwerk soos voorskote, wasgoedpenne-sakkies en gebreide artikels as takkompetisie of Huiswerk na die ledesamekomste.
By die ouetehuis is sy ‘n sprekende voorbeeld van ‘n VLV vrou- sy kry vroegtydig die tehuis se basaardatum en maak voorskote en pennesakkies ens vir die basaartafel. Sy doen ook op individuele versoeke naaldwerk vir inwoners en van hulle families. Sy is altyd positief en beur die ander inwoners op en moedig hulle aan om nie depressief te wees nie.
Sy is prettig en sy is, volgens die Tehuis Bestuurder: ‘n ware “life wire”.
Sy is sedert 2019 ‘n inwoner van Huis Diaz op Alexandria.
By die daggaplaas
Sy is altyd beskikbaar en help in die voorbereiding van die damesoggende, gaan op die takuitstappies en geniet dit terdeë. Tydens die appeltrein-uitstappie het sy almal aan die lag gehad toe Jack haar skakel en sy hom verbaas vra: “Jack wie?”
Tydens ledesamekomste help sy altyd met die voorbereiding en opruim tydens teetye en is altyd vriendelik en gesels graag met die ander lede en bied advies aan en gee leiding tov handwerk artikels.
Sy is ‘n diep gelowige vrou en word gereeld genader om vergaderings te open met gebed.
Tannie Edith is voorwaar ‘n aanwins vir ons tak en die feit dat sy hierdie jaar 87 jaar oud word en so ‘n navolgenswaardige voorbeeld stel van wat ‘n vlv lid vir haar tak kan beteken, is sowaar raar. Sy is altyd mooi aangetrek en haar gesiggie opgemaak en ten spyte van ‘n heup-operasie, altyd aan die gang en behulpsaam as VLV-lid.
Sy bestuur nog self haar Ford motor van 27 jaar, tot ons almal se bekommernis.
Met die Tessa bella trofee ontvang by die Konferensie vir die lid wat ‘n ekstra myl loop vir VLV.
Tannie Edith “we salute you!” May you always be this exceptional example to all of us!
We love you and appreciate that you are a member of WAA Alexandria. Enjoy your life
to the fullest and also our 2024 Branch activities!!
Leave A Comment