Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Potpourri: Besoek aan Langebaan Diereskuiling (LAC)

Beriggewer: Mariette Opperman

Datum: 3 Mei 2024

 

Woef stap saam op Langebaan

 

Die welversorgde honde by Langebaan Diereskuiling (LAC) word gereeld deur lede vir ’n uitstappie geneem.

 

Katspeelgoed is deur Ninkie Goussard geskenk. Blikkieskos is ook altyd ’n welkome bydrae.

 

Tertia Pretorius, Elize van Niekerk, Ria Nagel, Cynthia Huysamen en ’n goedhartige diereliefhebber het die stap net so baie soos hulle viervoetige vriende geniet.

 

’n Goeie oggend word afgesluit met ’n gesellige koffiekuier by Langebaan se Tolhuis.