Sirkel: Namakwaland

Tak: Calvinia

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Saamroeper: Annica Strydom

Beriggewer: Annica Strydom

Datum: 30 April 2024

VLV Calvinia skrik nie vir tegnologie nie

Op 30 April 2024 om 18:00 het die dames van VLV Calvinia weer heerlik saam gekuier, gelag, geleer gepeusel en ‘n koffietjie geniet.

Die dames het sommer ook heerlik saam planne beraam vir die toekoms en met goeie idees vir die tak en gemeenskap vorendag gekom.

Annica Strydom het baie vinnig vir die dames ‘n demonstrasie oor PowerPoint gedoen, maar Microsoft PowerPoint is ‘n program waarvoor jy as gebruiker moet betaal (of die program aankoop) en natuurlik oor ‘n rekenaar moet beskik. Annica Strydom het dus die res van die aand eerder op Canva gekonsentreer wat ‘n aanlynprogram is en ook ‘n toep op jou selfoon kan wees. Canva kan gebruik word om kaartjies te maak, uitnodigings, video’s, PowerPoints en vele meer. Die dames het omtrent lekker saam geleer oor Canva! Die basiese stappe van die gebruik van Canva was aan die dames geleer en hopelik sal hulle sommer nou lekker gaan speel hierna.

Die volle aanbiedings is beskikbaar op VLV Calvinia se Facebook-blad. (Gaan soek dit gerus en deel met vriende en familie) https://www.facebook.com/vlvcalvinia

Na die afloop van die leersame vergadering het die dames heerlik koffie en tee geniet saam ‘n versnappering of twee.

 

Kobie Basson en Louise Wilson lag en gesels omtrent lekker.

Die aanbieding wat Annica Strydom vir die dames gemaak het oor die die program. Die volle aanbiedings is beskikbaar op VLV Calvinia se Facebook-blad.

Annica Strydom demonstreer op die TV vir die dames vanaf haar selfoon hoe om die Canvatoep te gebruik.

Die dames is doenig op hul selfone en leer van Canva.