Sirkel:Overberg
Tak: Bredasdorp
Portefeulje: Potpourri
Saamroeper: Annatjie de Beer
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Flikvlooi: ‘To Flirt Lovingly’
Om op 29 April vanjaar ‘n handvol stappers by mekaar te trek is haas onmoontlik want dis naweek en op Bredasdorp mik almal Struisbaai toe. See toe. Met die gevolg dat toe daar ‘n versoek opduik dat ons die Woensdag moet kom fliek kyk het opportunisme die oorhand gekry. Ons kon mos met die plaaslike rolbalklub reël om rondom die baan te stap en sommer so die groep fliekvlooie in tekkies en T-hemde boender vir ons tak se Women Walk the World.
En daar val twaalf siele vir die grap en ons stap én fliek en oefen terselfdertyd ons fotografie tegnieke – dit wat ons met Inligtingsdag geleer het.
Die prentjie na afloop van die stappery sien soos volg daaruit:
Hier buk een oor ‘n boks springmielies, daar beduie ‘n ander verwoed met haar hande en dan is daar die enetjie wat ingetoë sit en brei. Elkeen besig met ‘n eiesoortige portret en dan kom die bindingsfaktor… ‘n kleurvolle serp en dít sorg vir artistieke ontwerp!
Dit alles na afloop van 24 April 2024 se Women Walk the World op Bredasdorp.
Die stappers is genooi vir ‘n huisfliek en toe hulle hoor die film is Calender Girls het hulle besluit om sélf ‘n bietjie voor die kamera te flikvlooi.
Hier is die resultate en kriptiese wenke van ‘n Overbergse fotograaf, Herman van Bon.
“Portretfotografie begin met waarneming van die persoon. Hoe is sy of hy aangetrek? Byvoorbeeld; pas die kleure in die agtergrond (soos rooi hemp teen ‘n rooi agtergrond). Hoe sien jy die persoon of hoe wil die persoon gesien wil word? Daar is ‘n verskil tussen die twee benaderings. Albei is subjektief maar die eerste benadering kan meer objektief wees en die tweede meer idealisties. Kyk na troufoto’s; dit is idealisties, maar die werklikheid (na die troue) is anders….”
KONTROLELYS
✓ Sit
✓ Lê
✓ Leun
✓ Lag
✓ Ernstig
✓ Hande (op gesig, in hare, op heupe)
✓Stilering: Dink aan klere, hare, grimering ens.
Hier is ons resultate uit twee invalshoeke. “Kyk vir die kamera” en “kyk nou af”.
[Foto’s beeld die verskillende tegnieke uit].
Leave A Comment