Sirkel:  SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Datum: 27 April 2024

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Lydie Terblanche

Tak-fotograaf: Susánne le Roux

 

Mosselbaai Munisipaliteit, Raadslid Anton Dellemijn het ook die geleentheid bygewoon, hier saam met Konsul-generaal Todiono (foto verskaf)

Raadslid Anton Dellemijn ook tydens die geleentheid (foto’s verskaf)

 

SUID-AFRIKA EN INDONESIË SE VERBINTENIS

 

Op 27 April 2024 is daar ‘n Indonesian Folk Market in Mosselbaai gehou. Lede van die publiek het die geleentheid gehad om meer oor Indonesië te leer, hulle geregte te probeer, produkte te koop, ‘n Batik-uitstalling en tradisionele danse te geniet.

 

Klein-Brakrivier VLV-taklede het die geleentheid bygewoon na kennismaking met hierdie interessante kultuur, oor die afgelope tye.

 

AGTERGROND

 

Bartholomeüs Dias, die Portugese ontdekkingsreisiger en seevaarder het ‘n breë boog om die punt van Afrika  geseil. Op 4 Februarie 1488, na 30 dae op die oop see, het hulle die Suid-Kaap, wat later as Mosselbaai bekend sou staan, bereik.

 

Die Portugese het in 1511 in Indonesië aangekom om speserye te soek en die Christendom te versprei. Hulle was amptelik die eerste Europeërs wat na Indonesië gegaan het. Die Portugese het ‘n Javaanse vloot verslaan om Java op 10 Augustus 1511 oor te neem.

 

Alhoewel die Kaapse kolonie in 1814 permanent deur Britse magte oorgeneem is, het Mosselbaai die Hollandse naam bou. In 1852 word Mosselbaai ‘n munisipaliteit. Op 31 Mei 1961 kry Suid-Afrika onafhanklikheid  van Brittanje, en die Republiek word gestig.

 

Die Portugese se aanvanklike bewind van Indonesië het talle uitdagings van beide die Nederlanders en die Britte in die gesig gestaar. Uiteindelik is die Portugese gedwing om hul vesting in Indonesië in die vroeë 1800’s te laat vaar en die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie het bewind van die kolonie oorgeneem.  Indonesië wat toe bekend as Nederlands-Oos-Indië (Dutch East Indies).  Op 17 Augustus 1945 het hulle onafhanklikheid gekry en Indonesië geword.

 

Sedert Februarie 2012 word die gewilde Dias-fees met die tema “Where cultures meet”, deur Mosselbaai Munisipaliteit aangebied wat deur Indonesiese afvaardigers bygewoon word.

 

Daar is ‘n tweelingooreenkoms tussen Mosselbaai en Denpasar (die hoofstad en belangrikste spilpunt van die Indonesiese provinsie Bali). Dit is ‘n vennootskap wat daarop gemik is om kulturele uitruiling, toerisme, handel en belegging tussen die twee stede te bevorder. Dit is die eerste keer in 2019 onderteken en in 2023 met nog vyf jaar verleng. Die ooreenkoms het ten doel om nouer betrekkinge tussen Mosselbaai en die stad Denpasar te bevorder, wat spesifieke toerisme gesentreerde gebeure tot gevolg het. Die fokus is op die historiese, kulturele en gastronomiese sfere, wat ondersoek en uitgebrei kan word – Lydie Terblanche