SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
DATUM: 17 APRIL 2024
PORTEFEULJE: LANDBOU
AANBIEDER: EURIKA BYLEVELD
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
Vryburg leer van bedreigde spesies
Carla van der Vyver besoek Vryburg VLV en gesels oor die handel in bedreigde spesies. Sy was 15 jaar verbonde aan natuurbewaring en daarna by die privaat maatskappy CVV Enviro.
Om die handel stop te sit, beveel sy aan dat diereprodukte glad nie gekoop moet word nie. Indien wel, koop by geregistreerde besighede. Wees bewus van wat in die omgewing aangaan en rapporteer onwettige transaksies.
Naas dwelms is die onwettige handel in diere en plante van die grootste geldmakers in die internasionale handel.
Hierdie handel bedrieg biodiversiviteit en is ‘n risiko vir die uitwissing van bedreigde spesies.
Produkte van renosters, olifante, tiere, haaie, seeperdjies, fungi en plante soos broodbome en vetplante word geteiken.
Ivoor kan met die Schreger-patroon geïdentifiseer word. Danksy CITES (Convention on International Trade in Endangered Species) word internasionale handel gereguleer.
Smokkel van ietermago’s, hul vleis of dele van liggaam soos skubbe behels na beraming sowat 20% van alle onwettige natuurlewe handel. Skubbe van die ietermagog is hoog in aanvraag in Nigerië en Viëtnam en kopers is bereid om hoë pryse te betaal. Daar is wêreldwyd nege spesies waarvan drie in suidelike Afrika voorkom. Dié soogdiere benodig miere of termiete en skuiling en kan tot 20 jaar oud word. Hul voortbestaan word bedreig deur klein habitat, onwettige handel, paaie en elektriese heinings. Boere word aangemoedig om daagliks hul heinings te inspekteer om sterftes te voorkom.
Dit is onwettig om ietermagog te besit. Rapporteer enige waarnemings van ietermago’s in gevaar of nood aan 0731679119 vir rehabilitasie. Neem foto’s van ietermago’s in die natuur, stuur met plekverwysing na Pangolert by 0727264654 met WhatsApp en help om ‘n spesie te bewaar.
Eurika Byleveld en Carla van der Vyver
Petro Ollewagen (10 jaar) en Marietjie Steyn (20 jaar) het hul diensjaartoekennings ontvang
Leave A Comment