Allegaartjie

Sirkel: SWD

Tak: Oudtshoorn

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Isabella Jansen vN

Fotograaf: Isabella Jansen vN

Datum: 23 April 2024

 

Oudtshoorn maak die wêreld ‘n beter plek, een kolwyntjie op ‘n slag

 

Stylvol met mooi serpe getooi en vrolik kom die dames in die lokaal en ontvang ‘n kaartjie by die deur met die boodskap om vreugde raak te sien.

 

Elna van der Westhuizen ontvang ‘n tydskrif as prys, haar serp en veral die kleur rond haar uitrusting stylvol af.

 

Na die formaliteite kom die eerste spreker, Lynette Janse van Rensburg, eienaar van Red Poppies Interiors & Gift Shoppe in Oudtshoorn, aan die woord. Lynette vertel ons van Pantone se kleur van die jaar, perskekleur (of die amptelike naam Peach fuzz) wat aan ‘n sonsondergang herinner, en wys aan die dames voorbeelde waar dié kleur in dekorneigings aangewend word. Die neiging om die natuur in die huis te bring met veral die gebruik van blare as motief in materiaal word ook met voorbeelde illustreer. Verder het Lynette aan ons voorbeelde van plakpapier, gordyne, stoffeermateriaal gewys wat die dames in hul huise kan toepas.

 

Lynette Janse van Rensburg vertel ons van interieur-tendense.

 

Maak die wêreld ‘n beter plek, een kolwyntjie op ‘n slag, het Tienie Potgieter genoem terwyl sy aan ons gewys het hoe om kolwyntjies te versier. Tienie het ook twee ruikers van kolwyntjies gemaak, beslis te mooi om te eet, maar die ruikers is wel na die demonstrasie na die teetafel geneem om eers met die oë te eet voordat die lekker op die lippe geproe is.

 

Tienie Potgieter en kolwyntjies

 

 

Petro Heyns het aan die beurt gekom met haar praktiese wenk dat mens ‘n oefen-breilappie het wanneer jy brei sodat jy jou vingers eers weer soepel inoefen nadat jy die breiwerk neergesit het. Dit veroorsaak dat die ruspouse in jou breiwerk nie sigbaar is nie.

 

Petro Heyns

 

Die gelukstrekking het na Tienie Barnard en Marietjie Pelser gegaan.

 

Tienie Barnard en Marietjie Pelser

 

Die klets en kuier aan die einde van die vergadering het net weer gewys dat die dames van die Oudtshoorn-tak voorwaar gesellig is.