Sirkel: SWD
Tak: Hartenbos
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Sameroeper: Hanlie Vorster
Beriggewer: Wilma van Staden
DATUM 23 April 2024
Hartenbos bewonder volstruise
Op 23 April 2024 het VLV Hartenbos hulle maandelikse lede byeenkoms gehad. By die geleentheid het Mnr en Mev Hannes en Christine Uys, volstruisboere van die plaas Waterkloof in die Heidelberg-distrik, ons toegespreek oor volstruise. Hulle is die sewende generasie boere op die plaas Waterkloof waar hulle aanvanklik met Merino skape geboer het. Sy kennis van Merina skape het hom baie gehelp om met volstruise te boer.
Mnr en Mev Hannes en Christine Uys saam met voorsitter, Rolien Smit
Daar is drie soorte volstruise in die wêrld, die swart, blou en gemengde groepe. Die swart soort word gebruik vir die produkte wat kommersieel gebruik word. Die groot “boom”- tyd van volstruise was net mooi 100 jare gelede toe die vere so hoog in die mode was.
Daar is aansienlike verskille tussen wilde volstruise, soos in ‘n reservaat, en die wat as broeivoëls gebruik word. Wilde voëls weeg gemiddeld 100kg en hardloop teen 40km per uur. Broeivoëls weeg gemiddeld 150 -160 kg en hardloop teen 150-160 km per uur.
Dit neem nagenoeg een jaar vir ‘n kuiken om tot ‘n grootte te groei waar dit geslag kan word. In ‘n boerdery word die eiers steeds in die natuur gelê waar die boer dit moet kollekteer. Eiers word in ‘n broeikaste gepak, 800 tot 1000 op ‘n slag, waar dit gereeld omgedraai moet word. Teen die einde van die broeiperiode word die eiers in ‘n broeimasjien geplaas, waar die kuikens uit die doppe kom. Hulle kan nie self volledig uitkom nie. In die natuur druk die mannetjie volstruis die eier met sy borsbeen verder stukkend sodat die kuiken kan uitkom. In die broeimasjien is dit ‘n handmatige proses, wat geweldig arbeidsintensief is. Daarna lê die kuiken onder in die broeimasjien om droog te word.
Hierna gaan die kuikens vir 3-4 maande na ‘n grootmaker, wat hulle teen ‘n koste, groot maak totdat hulle weer na die boer teruggaan om geslag te word. Sommiges word uitgehou om voortaan as lêvoëls te dien. Hulle word baie fyn gekeur om as lêvoel te kwalifiseer.
Volstruise wat geslag word, het vier hoofprodukte wat ekonomies benut word, nl die vere, vel, eiers en vleis. Elkeen van die produkte het sy eie gebruike en ekonomiese en /of voedselaanwending.
“Vere het weer goud geword”. Vere is ‘n baie gesogte mode artikels in Europa en Suid-Amerikaanse lande, terwyl verestoffers gewilde uitvoerprodukte na China, VSA, Suid-Amerika en Europa is.
Velle is, persentasie gewys, die duurste van die volstruis produkte en vleis die goedkoopste. Velle word gegradeer in eerste, tweede tot sesde graad. Graad een is die meeste werd, en elke graad ondertoe word minder werd. Die duurste deel van die vel is waar die knoppies die meeste is. Om siektes wat die vel kan beskadig te bekamp, word volstruise gereeld gedip, veral teen bosluise. Bosluisbytplekke wys duidelik op die vel en degradeer die vel.
Mnr en Mev Hannes en Christine Uys wys ‘n volstruis vel.
Volstruisleer handsak.
Die volstruise wat geïdentifiseer word om geslag te word vir vleis, word na hulle grootmaak periode in die veld gejaag om te wei en baie te eet om maksimum vleis te produseer. Volstruisvleis was met die aanvang van produksie so min as R4 per kg, maar het intussentyd verbeter. Volstruisvleis word hoofsaaklik uitgevoer na België en Nederland. Afvalvleis word uitgevoer as troeteldierkos.
Christine Uys het ons meer vertel van die gebruike van eiers en vleis. Een volstruiseier maak 24 hoendereiers, +- 45 ml volstruiseier maak een gemiddelde hoender eier. Volstruiseier uit die dop, kan geklits word en oortollige eier kan gevries word. Dit bestaan uit een derde geel en twee derde wit en is baie gesond en bevat groot hoeveelhede proteïene.
Christine Uys vertel van volstuisvleis
Volstruiseier
Christine het ons toegelig oor die verskillende snitte vleis van ‘n volstruiskarkas. Kosbare wenke vir die voorbereiding en bediening van volstruisvleis, is met ons gedeel. Filette word in die regte format gekoop, gewoonlik in ‘n waaiervormige snit. Marinade vir die filet kan gemaak word met olie, braaivleis sout, of ‘n rooiwynsous. Na voorbereiding moet volstuisfilette dadelik geëet word, dit moenie rus nie.
Ook blokkiesvleis en maalvleis kan voorberei word. ‘n Nuttige wenk is dat dit in vog gaargemaak moet word, maar nie water nie. Kry vog van ‘n geurige bron soos tamatie, blatjang of aftreksel. Maalvleis moet voortdurend geroer en hompe vleis plat gedruk word. Sy het n heerlike Bobotie-resep ontwerp, wat baie gewild is onder haar buitelandse toeriste.
Groepfoto van sprekers en gasvroue by die geleentheid. Vlnr Hannes Uys, Christine Uys, Hanlie Vorster, Rolien Smit en Emi de Jager met ‘n volstruisleer handsak in die hand.
Tydens die byeenkoms is kentekens aan 13 lede toegeken, waarvan een van 30 jare diens aan Martie Visagie toegeken is.
Kenteken ontvangers vlnr, voor Rolien Smit, 10 jr Emi de Jager 5 jr, Hanlie Vorster 25 jr. Naomi Geeringh VLVK kenteken(potjie), Martie Visagie 30 jr, Estelanie Botha VLVK kenteken(potjie), Emsi Viljoen, 15 jr. Agter Sylvia Grobkler 10 jr, Ida van Tonder 10 jr, Sophia Viviers VLVK kenteken(potjie), Rolien Smit 10 jr, Rita Botes 25 jr, Wilma van Staden 10 jr, Susan Kroon vir Sankie Notnagel 15 jr.
Martie Visagie Ontvanger van 30 jaar diensknopie.
Tydens die byeenkoms het die tak ook ‘n marktafel gehad. Op die twee marktafels was artikels wat deur lede geskenk is , bv. handgemaakte artikels en artikels om mee handwerk te doen. Dit was ‘n reusesukses en sal definitief vooraan ook gehou word.
Marktafel met Annemie Erasmus wat bedrywig is.
Nog ‘n groot hoogtepunt was die kompetisie inskrywings met ‘n goeie aantal inskrywing en ook artikels wat kwalifiseer vir die konferensie. Sewe artikels uit die 19 inskrywings het 80% en meer gekry.
Kompetisie inskrywing – Gehekelde speeding, met blommerangskikkings in die agtergrond. Al drie 80% plus.
Leave A Comment