SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
DATUM: 19 APRIL 2024
TEMA: LANDBOU
AANBIEDER: CARIEN VAN NIEKERK
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
VLV VRYBURG ONDERSTEUN NALEDI SKUILING
Die vraag is altyd: “Wat kan ons doen om Naledi skuiling te help?” By die VLV Vryburg weet ons dat ons kan brei, hekel, masjienwerk doen en ook lekker bak. Dus was die antwoord maklik: Ons brei hondejassies en maak kombersies. En ons bak hondebeskuitjies. By die onlangse vergadering was die wenners Marthie Grobler met die hondebeskuitjies en Eurika Byleveld en Carien van Niekerk met hondejassies. Carien van Niekerk het namens Vryburg VLV al die skeppings en baksels asook verskeie sakke honde- en katkos oorhandig aan Nikki White van Naledi Diereskuiling. Sy was ook opgewonde oor die kontantbydrae vir die veeartsfonds, komberse en nog kos.
Resep vir hondbeskuitjies:
500 ml koekmeel, 1 ml kaneel, 125 ml grondboontjiebotter, 2 eiers, geklits en water
Meng meel, kaneel en grondboontjiebotter. Voeg eiers en bietjie water by en meng tot stywe deeg. Rol uit en sny in blokkies. Bak 25 min by 180ºC en laat afkoel.
Marthie Grobler en Eurika Byleveld
Nikkie White en Carien van Niekerk
Leave A Comment