Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Portefeulje: Landbou-vergadering

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 18 April 2024

Granaatpitolie vir ‘n mooi vel

Izette Dreyer het al van laerskooldae af belang gestel in essensiële olies en het haar eie mengsels saamgestel.

Nadat sy van granaatpitolie op die internet gelees het, het sy vyf jaar lank navorsing daaroor gedoen. Sy het uitgevind dit is ‘n kragtige anti-oksidant wat veroudering vertraag en veral goed is vir droë en geïrriteerde vel.

Sy voer tans granaatolie van Israel in. Sowat 500 kg granate is nodig vir 1 kg olie.

Haar granaatpitolieprodukte met die handelsnaam Royale sluit o.a. ‘n serum, gesigroom, olie, skoonmaakmiddel, verfrisser (toner) en gesigsmasker in en is ontwikkel in noue samewerking met ‘n biochemikus. Behalwe dat granaatolie bekend is daarvoor dat dit vir teenveroudering aangewend word, help dit ook met ekseem, gordelroos, koorsblare, gekraakte hakke en psoriase.

 

Izette Dreyer besig om VLV-lede van haar velsorgreeks te vertel

Danele Ferreira, Lennie Henderson, Hetta v.d. Merwe (saamroeper), Izette Dreyer (spreker)

Die olie vir die gesig is veral gewild (Foto: Wilma Kotze Photography)

 

‘n Gesigsmasker van granaatpitolie, hibiskus & boabab (Foto: Wilma Kotze Photography)