Tak: Aberdeen

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Christelle Nel

Datum:  17 April 2024

 

‘n Wenspan by Aberdeen Vollediens Skool & Gee jou selfbeeld ‘n hupstoot met pilates-oefeninge !

Talana Verwey, passievolle onderwyseres van Aberdeen Vollediens Skool in Aberdeen, tree as spreker op tydens April se vergadering. Om ‘n skool in ‘n plattelandse dorpie soos Aberdeen suksesvol te bestuur, verg moue optrek en konstante vernuwende denke om alles te maak werk.

Die nuwe skoolhoof, mnr. Constable, is ‘n groot aanwins vir die skool. Getalle van leerders het geweldig toegeneem.

Tydens die vergadering word 63 graad drie Bybelwerksboekies van die Bybelgenootskap, wat deur die tak aangekoop is, oorhandig. Verder is broodnodige eetware vir die skool se koshuis, onder lede ingesamel en ook aan Talana oorhandig.

Daarna lig Maryke Lategan saamroeper vir Opvoeding & Kultuur (& Gesondheid) die verband tussen Geestesgesondheid en pilates uit. Sy plaas klem op selfbeeld, en wys op die kenmerke van ‘n goeie selfbeeld versus ‘n swak selfbeeld en hoe pilates ‘n goeie selfbeeld bevorder.

Maryke demonstreer ‘n paar oefeninge en nooi die lede om saam te oefen.

Maryke Lategan (Saamroeper Opvoeding & Kultuur) en voorsitter Lea van der Vyver (regs) oorhandig werksboekies van die Bybelgenootskap vir gr 3-leerders aan Talana Verwey van Aberdeen Vollediens Skool

Pragtige pluime uit Christelle Nel se tuin

 

Hierdie tyd van die jaar wat blomme skaars is in ons tuine, kan vetplante baie treffend wees                


Maryke Lategan demonstreer ‘n paar pilates-strekoefeninge