Sirkel: Paarl
Tak: Suider-Paarl
Portefeulje: Leefstyl – Naaldwerk
Saamroeper: Berta Spangenberg
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 17 April 2024
Suider-Paarltak leer ‘n kreatiewe kunsvorm
Die lede van die Suider-Paarltak het ‘n baie leersame oggend beleef saam met die begaafde kunstenaar, mev Lillah Slabber, van Wellington.
Dit was die tak se Naaldwerkvergadering en mev Berta Spangenberg, die saamroeper, het dit ‘n kleurvolle oggend gemaak deur mooi gedekte tafels in kleur en die opening het gehandel oor kleur in die Bybel en dat kleur ‘n groot rol speel in ons alledaagse lewe.
Mev Lilah Slabber het die kunsvorm “Screenprinting” aan die lede verduidelik en gedemonstreer hoe dit gedoen word.
Sy het vertel van haar opleiding en kursus wat sy gedoen het. Sy het pragtige voorbeelde van tafeldoeke en sakke wat sy tydens die opleiding moes maak, uitgestal.
“Screenprinting” verg fyn beplanning en moet deeglik voorberei word. Eerstens word ‘n ontwerp gekies. Ook word besluit wat word ingekleur en watter dele bly oop. Die motief word op ‘n styfgespande sif ingebrand. Die sif word op linnedoek neergelê en verf word met ‘n apparaat deur die sif gedruk op die lap. Die motief kan oor en oor gebruik word.
Handige artikels soos tafeldoeke, boekoortreksels, sakke en potloodsakkies kan van die gedrukte materiaal gemaak word.
Daar was van die artikels te koop asook kaartjies wat deur haar kunstige twee dogters gemaak is.
Die lede het dit baie interessant gevind.
Saam met ons die oggend was toevallig twee voormalige Sirkelpresidente, nl mev Rosa Lategan van Weskus Sirkel, mev Marinda Rall gewese president van Sirkel-Paarl en en die huidige sirkelpresident van Sirkel Paarl, mev Karen Barnard.
Vlnr: Mev Rosa Lategan, mev Marinda Rall en mev Karen Barnard.
Mev Lillah Slabber, wys van die artikels wat te koop aangebied is.
Die een gedeelte van die proses van screenprinting
Leave A Comment