Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Leefstyl: Naaldwerk
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 16+17 April 2024
Goodwood smok, spog en stap
Die naaldwerksaamroeper, Magdaleen Joubert, het aan die lede gewys hoe die nuwe borduurkompetisie vir 2025 se kussing, in Indiese Kettingsteek, moet lyk. Daarna het Gina Hutton, ‘n voormalige lid, haar gesmokte kersballe gedemonstreer.
Gina se gesmokte kersballe.
Magdaleen Joubert (sameroeper), Gina Hutton (spreker) en Bes van Zyl (wat die bedankings gedoen het).
Tydens die pasafgelope Konferensie het ons tak ook goed presteer. Almarie Moodie (3de plek vir die kindertrui); Magdaleen Joubert (2de vir haar borduurwerk); Karin Marais (3de vir die terrarium); Renè Tepper (2de vir naaldwerk); Elzabè Binedell (1ste vir die suurklontjies) en Joan le Roux (3de vir die quiche) afwesig.
Karin se terrarium.
Magdaleen se Russiese Rafelwerk en Saamtrekwerk.
Renè se Naaldwerk.
Almarie se Kindertrui.
Ons Tak het ook weer aan die jaarlikse Women Walk the World-veldtog deelgeneem. Elize Eksteen, Renè Tepper, Almarie Moodie, Feesia Marais, Karin Marais, Wenda Preuss (voorsitter), Marie-Louise Vickerman, Marianne Oosthuizen, Elzabè Binedell en Jenny Botha.
Leave A Comment