SIRKEL: WESKUS
TAK: GRAAFWATER
PORTEFEULJE: LANDBOU EN TUINBOU
SAAMROEPER: JUDITH JANSE VAN VUUREN
BERIGGEWER: MARINA VISSER
DATUM: 9 APRIL 2024
Graafwater VLV leer meer oor Boegoe
Tydens ons Landbou en Tuinbou vergadering op 9 April 2024 vertel Judith Janse van Vuuren (saamroeper) vir ons meer oor Boegoe (Agathosma betulina):
Boegoe kom o.a. in die Cederberge voor en is deel van die fynbos familie. Boegoe groei tot twee meter hoog. Dis ‘n struik wat altyd groen en aromaties is. Sy blomme is pienk en wit en die vrug is soos ‘n vyfkantige kapsule met klein swart saadjies in. Die vrug moet ryp raak om die saad te laat uitval. Die ronde blaar boegoe is familie van die sitrus plant.
Vroeër jare is boegoe met die hand geoes en dan met sakke op die rug gedra of op donkies vervoer. Vandag word boegoe op groot skaal aangeplant.
Boegoe is goed vir artritis. Dit word ook gebruik as geurmiddel in sekere kosse en in parfuum. Boegoebrandewyn en disprin help vir griep. Dit help om bloeddruk te verlaag. Dit kan ook help met blaasinfeksie en nierstene. Boegoe olie kan gebruik word vir ekseem.
Daar is ‘n verskeidenheid boegoe produkte op die mark.
Organiese Boegoe tee wat gegeur is met of mint, of chamomile, of rooibos en gemmer. Ook tee vir babas. Verder is daar boegoe water, boegoe badsout, boegoe lip balm en boegoe detox tee in verskillende geure. Boegoe se essensiële olies word internasionaal gebruik.
Daar is ook Boegoe sjampoe vir honde.
Afrikaanse woorde vir die maand: Benita Gerber gee vir ons die woord: muntoutomaat. Hanli van Zyl leer vir ons die woord kruim. Dit is die binneste, sagte gedeelte van brood.
Leave A Comment