Sirkel: Suid-Karoo
Tak: Williston
Portefeulje: Konferensie
Sameroeper: Hanlie Vorster
Beriggewer: Somaè van Wyk
Datum: 19 + 20 Maart 2024
Williston hou konferensie: Ons jeug, ons toekoms
Na ‘n heerlike ontbyt begin ons twee dae vol lekkerte, kuier, en gesels!
Die vlagopstelling word behartig deur Somaè van Wyk (Voorsitter van Williston VLV-tak) en Joyce Avenant (afgevaardigde Williston). Mev Cecilia Louw (Sirkelpresident van Sirkel Suid-Karoo) doen die verwelkoming en lees groeteboodskappe van ander sirkels voor. Mnr Hannes Esterhuyse dra die groeteboodskap van Willliston Landbou Unie oor.
Sarah Louw open die Konferensie met die gedagte dat ons nie besef wat God ons gee, toe Hy vir ons kinders gegee het nie. Wat ‘n voorreg is dit vir ons wat kinders en kleinkinders het.
Die finansiële verslag word deur Adelia Wilson voorgehou en goedgekeur en hoe gelukkig is Leonie Rossouw nie om ‘n geskenkpak ter waarde van R1600 van Dermexcel te wen in ‘n gelukkige trekking nie!
Na ‘n heerlike tee aan pragtig gedekte tafels en ‘n mooi versierde saal word die Kunste en Handvlyt verslag deur die Voorsitter van Carnarvon (Naomi Vermeulen) en die Openbare verslag deur Voorsitter van Merweville (Lenore Snyman) voorgehou vir aanname.
Ons eerste spreker Kirsten Heunes leer ons hoe om met foto’s stories te vertel! Sy onderstreep hoe belangrik Lig, Lug, Omraming en weerkaatsing kan wees. Dan voor jy ‘n foto neem, besluit watter storie jy wil vertel, wat jy wil hê mense eerste moet sien! Sy laat elkeen ‘n foto met die Toepassing : “Snap Shot” op haar eie foon ‘n foto kies en deur van die toepassing gebruik te maak skryf jy jou foto se “storie”. Wat ‘n ervaring was dit nie om ‘n ou foto’tjie in ‘n meesterstuk te verander nie!
Tussen sprekers het Theani Langner ons vergas met ‘n paar raaisels en Maryke Louw het ‘n vasvrae gehou oor etikette op alledaagse koekies. Die vrouens het die heerlike koekies gekry as sy reg kon raai!
Die namiddag was ook vol opwinding! Net na ‘n heerlike middagete is die Gesondheid verslag voorgehou deur Voorsitter van Beaufort-Wes (Leonie Rossouw) en die Landbou verslag deur Voorsitter van Carnarvon (Naomi Vermeulen). Ons spreker van die namiddag was Jenna Blake, ‘n Spraakterapeut wat met ons kom gesels het oor die kind se ontwikkeling in die Karoo en veral ons daarop gewys dat ‘n kind tussen ouderdom 0 tot 5 jaar soos ‘n sponsie is. Hulle leer dan alles deur te SPEEL. Dis so belangrik dat kinders op die ouderdom moet speel om die beste brein ontwikkeling te stimuleer.
Ook het Mev Cecilia Louw die oop tye in die program gevul met die organisasie aangaande die sirkel en die aanvullende kompetisies van 2025 is deur Maryke Louw aangekondig.
O aarde, en toe kom die dinee van die aand aan die beurt! Wat ‘n fees het op die vrouens en hul gades gewag. ‘n Pragtige saal, sjampanje met spookasem, ‘n driegangmaal, ‘n gelukkige trekking van ‘n Veldvogue leerhandsak, oorhandiging van dienswapens en heerlike lag en gesels voor die kersie op die koek. Jak de Priester het vir Williston kom sing! Ons het gekuier tot ons kuier amper op was.
Woensdagoggend se opening het die vrouens geweldig aangegryp: Williston Junior Kollege se leerders het die dag geopen met ‘n pragtig voorlesing, ‘n liedjie en ‘n opregte kindgebed! Met so ‘n jeuggroep kan ons nog vêr paaie loop!
Die verslag van Leefstyl is voorgehou deur die Voorsitter van Merweville (Lenore Snyman) en die Opvoeding en kultuur verslag deur Voorsitter van Beaufort-Wes (Leonie Rossouw)
Ons spreker van die oggend, Landré Siebrits met haar onderwerp:” Ammal het ‘n anners”, het die vrouens elke oomblik vasgevang. Haar storie van haar lewe, haar swaar as kind en hulle lewe met ‘n dogter, met ‘n globale ontwikkelingsagterstand en ‘n normale dogter en haar absolute geloof in God en die rol wat Hy in hul lewe speel was ‘n ongelooflike ervaring. Haar motto is: “Unless we become like Children” (Miga 18) is reg deur die hierdie elegante vrou se lewe geweef en iets wat ons maar kan onthou!
Almal geniet nou ‘n “brunch” van liplek-lekker gevulde pannekoeke, soet en sout. Die Konferensie word afgesluit deur ‘n foto-kompetisie van die huidige sirkelbestuur se baba foto’s wat by vandag se gesiggies moet pas. Guilluame Boltman, ons fotograaf van die dag was die enigste persoon wat die pasmaats kon vind. Die Presidentsverslag word gehou deur Mev Cecilia Louw (Sirkelpresident) en laat ons met die gedagte: Leer jouself ken, aanvaar jouself en gee jou kind ruimte om hulself te wees in ‘n veilige huis.
‘n Uiters suksesvolle Konferensie word afgesluit met ‘n gebed deur Nollie Esterhuyse en die uittog van vlae word word gedoen deur Somaè van Wyk (Voorsitter Williston) en Elsabé Olivier (Voorsitter Sutherland).
Sutherland bied ook die 88ste Sirkel Suid Konferensie aan in 2025.
VLVK kompetisie 2024 Uitslae:
Mev. Cecilia Louw wens al die 2024 pryswenners geluk.
Leefstyl: 4de plek Weefwerk 82% – Maryke Louw (Williston)
Kunste en Handvlyt: 1ste plek Beeldende kuns 96% Elmarie Naude (Williston)
5de plek Handvlyt 92% – Madeleine Kannemeyer (Merweville)
Mees uitstaande artikel Kunste en Handvlyt: Elmarie Naude (Williston)
Tak met 2de meeste punte Kunste en Handvlyt: Williston (580)
Prysuitdeling 2025 word behartig deur Mevv. Maryke Louw en Naomi Vermeulen
Leefstyl Aanvullend Kompetisie
Masjienwerk Kunste en Handvlyt
Kreatiewe sweetpak vir ‘n kleuter Sementpot
Helana Marais Merweville 69 Elmarie Naude 1ste Williston 80
Somae van Wyk 2de Williston 70
Damesoortrektrui Ronel Maritz Merweville 69
Annelise le Roux Merweville 60 Madeleine Kannemeyer Merweville 66
Marie Vermeulen Carnarvon 65
Hekelwerk Maryke Louw Williston 61
Melkbekerdoilie Marlene Jacobs Carnarvon 60
Glouwdina Goussart 1ste Carnarvon 80 Sunette Steenkamo Sutherland 56
Anita Snyman Merweville 69 Riana Vermeulen Carnarvon 55
Johanna Jacobs Carnarvon 69 Lenor Snyman Merweville 50
Ronel Maritz Merweville 65
Handvlyt Teddiebeer breiwerk
Weefwerk Esca Snyman Carnarvon 80
Snoesige serp Marietjie Muller Merweville 75
Maryke Louw 1ste Williston 80 Madeleine Kannemeyer Merweville 70
Elmarie Naude Williston 69 Marie Steyn Beaufort-Wes 68
Alet Louw Williston 65 Hypie v Zyl Williston 66
Helena Marais Merweville 66
Wisselafdeling Elzabe Olivier Sutherland 65
Laslappie en kwiltwerk bedoorgooi Martha Esau Carnarvon 64
Lenor Snyman 2de Merweville 79 Ria Jacobs Carnarvon 64 Leonie Rossouw Beaufort-Wes 63 A-L vd Colff Williston 63
Kunste en Handvlyt Nollie Esterhuyse Williston 60
Beeldende kuns Desiree Lund Beaufort-Wes 60
Houthuisies
Elmarie Naude 1ste Williston 90 Gebak Piesangbroodjie
Alet Louw 2de Williston 83 Christene Herselman Beaufort-Wes 91
Annelouise vd Colff 3de Williston 75 Maryke Louw Williston 90
Madeleine Kannemeyer Merweville 75 Colleen Muller Merweville 87
Johann Jacobs Carnarvon 73 Elzabe Olivier Sutherland 85
Marie Jacobs Carnarvon 69 Carla Marais Merweville 80
Marie Vermeulen Carnarvon 69 Leonie Rossouw Beaufort-Wes 76
Riana Vermeulen Carnarvon 69
Estelle Snyman Merweville 67
Marisa Vermeulen Carnarvon 66
Skryfkuns Sanette Louw Williston 65
Lenor Snyman 2de Mereweville 79 Sumae Louw Williston 65
Sunette Steenkamp Carnarvon 65
Fotografie Naomi Vermeulen Carnarvon 60
Begin van ‘n nuwe dag
Carla Marais 2de Merweville 82
Johanna Jacobs 3de Carnarvon 75 Mees uitstaande artikels
Atelle Steenkamp Carnarvon 69 Leefstyl
Louise Symington Williston 68 Glouwdina Gossart Carnarvon
Estelle Snyman Merweville 65 Kunste en Handvlyt
Ronel Maritz Merweville 65 Elmarie Naude Williston
Maryke Louw Williston 65
Elmarie Naude Williston 65 Meeste punte aanvullend
Anette Hugo Carnarvon Maryke Louw Williston 151
Elzabe Olivier Sutherland 150
Handvlyt
Shabby chic herinneringsboek Takke met die meeste punte
Lenor snyman 2de Merweville 75 Williston 1ste 423
Ria Jacobs 3de carnarvon 70 Merweville 2de 406
Carnarvon 3de 378
Leave A Comment