Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Saamroeper: Petro Spangenberg

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 20 Maart 2024

 

Verfvloeikuns groot pret vir Kuruman

 

Alta Roets (Saamroeper: Gesondheid) en Petro Spangenberg (Saamroeper: Kunste & Handvlyt) het op Woensdag 20 Maart 2024 kragte saamgespan om die kunsvorm, verfvloeikuns, aan lede van VLV Kuruman-tak te demonstreer. Dit is ‘n kompetisie-artikel vir 22 Mei.

 

Alta het voorheen ‘n kursus gedoen in verfvloeikuns en hierdie kunswerk gemaak.

 

‘n Geblokte doek werk beter as ‘n plat oppervlak, sodat die verf teen die kante kan afloop.

 

Die basis-laag verf moet nat wees wanneer die ander verf bo-oor vloei.

 

Verskillende kleure verf word in ‘n houer oor mekaar gegooi.

 

Silikon-sprei kan gebruik word om ‘n interessante effek te verkry.

 

Die verf kan dan deur ‘n vergiettes gegooi word.

Nou word die doek heen en weer gekantel, sodat die verf kan vloei.

Dit kan selfs met ‘n strootjie of haardroër geblaas word.

 

Later die aand, is die verf bietjie met vingers aangehelp. Die kunswerk staan bekend as “Cosmic Chaos”!