Sirkel: Paarl
Tak: Suider-Paarl
Portefeulje: Leefstyl
Saamroeper: Mev Jenny Ruthven
Berriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 20 Maart 2024
Suider-Paarl se “Mooiste Vrouens” vereer
Die Suider-Paarl-tak het hul Maart vergadering in die Historium in die Paarl gehou.
Dit was die Leefstyl-vergadering waarvan die afdelings, Gaarmaakmetodes en Huishoudelike toerustings aandag gekry het. Die tema vir die dag was “Mooiste Vrou”
Die gasspreker was mnr Aldrich Brand en sy assistant, Lauren, van Tafelbergmeubels in die Paarl. Mnr Brand het ses verskillende grote Lugbraaiers (Airfryers) gebring en gedemonstreer.
Hy het vertel dat die eerste lugbraaier in die jaar 2000 gemaak is deur Mnr Fred van der Weij.
Die Philips maatskappy het dit vervaardig en bemark as ‘n taamlike noodsaaklike toerusting vir die kombuis. Daar word krag bespaar en voedsel word met veel minder olie of botter gaargemaak en is dus veel gesonder.
Deur die jare is heelwat aanpassings gemaak en vandag koop ‘n persoon ‘n lugbraaier vir sy behoeftes, nl die grootte en hoeveel kapasiteit hy/sy benodig vir die aantal mense in die huishouding.
Hy het ook oor resepte en die skoonmaak van die toestelle gepraat.
Mev Marie Hammann, ‘n lid, het ‘n item gelewer oor die innerlike en uiterlike skoonheid van die vrou. Sy het dit op ‘n baie interessante manier aangebied.
Van die lede het elk ‘n plakkaat gekry om vas te hou met name op van wêreld bekende skoonhede wat dan uiterlik gesien kon word, maar van die innerlike skoonhede soos, Emily Hobhouse, moeder Theresa en ander soos hulle was daar foto’s van op die skerm.
Tydens die vergadering is ook die sertifikate wat lede by die onlangse Konferensie verower het, uitgedeel en is die bekers wat die tak verower het by konferensie uitgestal en almal is gelukgewens. Die vergadering het op ‘n gesellige noot verdaag.
Me Lauren en mnr Aldrich Brand van Tafelbergmeubels met agter mev Berta Spangenberg (Sekretaris).
Die verskeidenheid lugbraaiers.
Van die dames met plakkate. Vlnr me Vanda van Eeden (gas), Alida Taylor, Anita Basson en Ronnie van der Merwe.
Lede wat pryse gewen het by afgelope Konferensie, vlnr: me Marie Hammann (Trofee vir hoogste punte in Skryfkuns), Alide Taylor (Derde plek vir Breiwerk), Tia Dixon (Derde plek vir Masjienwerk) en Wilma Kock vir (Tweede plek vir Beeldende Kuns: Houthuisies).
Bekers deur die tak verower, vlnr: Beker vir Meeste punte in Kookuns (Lekkers), Tip Top Beker (Sirkelbeker) en Fatti’s en Moni’s beker vir tak met Meeste punte in Leefstyl én Kuns & Handvlyt afdelings.
Leave A Comment