Sirkel: Tygerberg

Beriggewer: Ita van der Merwe

Datum: 20 Maart 2024

Sirkelkonferensie van Sirkel Tygerberg

Die voorbereidings het op 18 Maart begin met die tafels regpak en die uitstal van die Leefstyl- Naaldwerk- en die Kunste en Handvlyt-artikels, wat alles vooraf beoordeel is. Die volgende dag het die Tuisteskepping-artikels asook die Terrariums vir die Tuinbou ingekom om beoordeel te word en die Blommerangskikkers het hulle stasies reggekry vir hul rangskikkings. Die beoordelaars het later gesê dat die rangskikkings van ‘n baie hoë standaard is. Die saal is ook verder versier met die pragtige skeppings in groen.

Die verrigtinge het om 09:00 begin met die vlag-seremonie en die sing van die Nasionale Volkslied. Die kers-seremonie wat ons verbind met die WBPV en met almal in ons eie land, mense dwars oor die wêreld en oorloggeteisterde lande wat onder moeilike omstandighede verkeer.

Die hoofspreker, dr Heinie Brand, het ‘n besielende boodskap vir ouers en onderwysers oor die jeug leiding gegee. ‘n Belangrike fase is die voorbereiding so is ook die bou van vaardighede. Dit dra ook by tot nasiebou en ‘n demokratiese ontwikkeling. Dit is vir die ouers, onderwyser en jeug alles ‘n uitdaging, maar dit behoort te lei positiewe kenmerke by die jeug wanneer hulle vaardighede aanleer en daarmee saam selfvertroue kry en sorg vir onderlinge konneksie. Goeie voorbeelde deur volwassenes is die beste boodskap wat ons aan die jeug kan oordra – positief wees oor fisieke as geestelike gesondheid.

Die Sirkel Tygerberg se President het haar jaarverslag volledig en interessant gelewer.

Mev Estelle du Plessis het ons vertel van ‘n belangrike paar items wat ons met ons moet saamdra om ons op die lewenspad te versterk – ‘n Bybel – goeie leiding. ‘n Dagboek vir goeie beplanning. VLVK se beleidsboek sodat ons nie hoef te twyfel watter reëls toegepas moet word nie. ‘n Skêr om ons te wys na dinge wat eerder afgesny kan word as om ons te hinder. ‘n Grimeersakkie wat ons help om ons voorkoms te versorg. ‘n Pasmina om onsself en ander te help in “koue” tye. ‘n Kroon sodat ons daarmee altyd waardig te kan optree.

Ná die oggendtee het ons geluister na Adriaan Costerus wat sedert sy negende jaar sy talent ontdek het, toe hy sy eerste dwarsfluit uit hout gemaak het. Hy het met so ‘n houtfluit en gewone dwarsfluit bewys dat hy ‘n meester is met die fluite. Hy het reeds verskeie toekennings en ‘n beurs vir verdere studies ontvang.

Ons het ook geluister na Leandra Knoetse wat ons laat besef het hoe bevoorreg ons is om die grootste versameling vetplante in die wêreld in Suid-Afrika te hê. Sy het ook vertel hoe groot smokkelhandel in die kosbare plante daartoe lei dat hul voortbestaan bedreig word. Baie spesies is al daardeur uitgeroei en 936 is op die rooilys van bedreigde spesies.

Na ‘n heerlike middagete het Dr Thys Smith vertel van die boek wat hy saamgestel het om aan kleuters en jong kinders die waardes wat gehandhaaf moet word in die daaglikse lewe.

Madri Haasbroek wat ook haar boek voorgestel het om ook die jeug op ‘n geestelike reis om hulself te leer ken en welaangepas te wees in die daaglikse lewe.

Die uitdeel van die trofeë- en prysuitdeling aan die al die deelnemers van Leefstyl, Kunste en Handvlyt, die Tuinbou en Openbare Sake se vasvra oor K53 is altyd ‘n belangrike item op die sakelys. Mev René Nel het ook die prestasietrofeë uitgedeel aan takke en enkelinge wat presteer het.

Almal het die dag positief beleef waartoe die sprekers en die goeie gees van die konferensie.

Blommekuns Intermediêr

1  Maretha Bester

2  René Nel

3  Marie Niemand

 

Beeldende Kuns en Handvlyt

 

Lid met die meeste punte – Dorette Biccard

Tak met Meetse punte in Tuisteskepping – Rika Steenkamp

 

Riana Ellis & Mariëtte Krige

Brackenfell Varings vir herstel van die tak

 

Beste Leefstyl-artikel op Konferensie – Hester Geringer

Beste  K&H-artikel op Konferensie – Marna de Kock

 

Ester de Bruin

René Nel en Lizane Riekert

Lizane het gepraat oor die die werk van die pynkliniek

 

Naaldwerk -Kleutersweetpak

1  Elsa Rautenbach

2  Sophie Mundey

3  Retha Swanepoel

 

Breiwerk

1  Ester de Bruin

2  Marlene Lotz

3  Almarie Moodie

 

Weefwerk

1  Hester Geringer

2  Maretha Bester

3  Theresa Nieuwoudt

 

Hekelwerk

1  Melinda Visser

2   Babie Collins

3  Maleen Smit

 

Sprekers

Dr Thys Smith

Dr Heinie Brand

Me Leandra Knoetze

 

Kunstenaar

Adriaan Costerus op sy dwarsfluit

 

Hester Geringer en mev Estelle du  Plessis

1 Kunsnaaldwerk

2 Magdaleen Joubert

 

Mevv Estelle du Plessis, Karin Barnard René Nel en Marinda Rall (Karin Barnard is die nuwe sirkelpresident van Sirkel Paarl)

Die dagbestuur en mevv Estelle du Plessis, Martie Jordaan, Elizabeth Cloete en Mary-Page Nel

Die dagbestuur van Sirkel Tygerberg saam met twee bekwame lede en beoordelaars. Links voor  Tannie Martie Jordaan en tweede van links me Elizabeth Cloete, voorheen lid van van beoordelars paneel van VLVK regs is Mary-Page Nel, die jongste op die konferensie

 

Links bo: Rika Steenkamp heet almal welkom by die konferensie.

Groepfoto: René Nel, dr Thys Smith, Madrie Haasbroek en Mariëtte Krige. Madrie het haar oor geestelike leiding vir die jeug.

Links onder: Elmine Möller kondig die wenners van Tuisteskepping aan.

Regs onder: Mev Estelle du Plessis lewer haar boodskap.

 

Helderberg ontvang die trofeë vir die Openbare Sake vasvrae en die tak met die meeste punte in K&H – Annie Potgieter.

Ontvang die trofee vir die kleinste tak met die meeste punte – Emmie le Roux.

Wenner van die eerste plek vir die terrarium in Landbou-afdeling – Nelia van der Westhuizen.

 

Die saal is gereed vir die konferensie

Mevv Nel en Möller het die vlae ontvang

René Nel lewer haar Sirkelpresidentsverslag

 

Die beginners in Blommekuns

1  Carina Kotze

2  Nelia van der Westhuizen

3  Lorraine le Grange

 

Opeklas in Blommekuns

Barbara Nel

 

Die terrariums inskrywings in Landbou en Tuinbou

 

1  Nelia van der Westhuisen

2  Annerie Mac Donald

3  Karin Marais