Sirkel: Kalahari
Tak: Kuruman
Portefeulje: Leefstyl / Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger
Datum: 20 Maart 2024
Kuruman wen-tak van Kalahari
Kuruman-tak is tydens VLV Sirkel Kalahari se Konferensie op 6 en 7 Maart 2024 as die wen-tak gekroon! Die trofeë en sertifikate is op Woensdag 20 Maart 2024 tydens die tak se byeenkoms, deur Voorsitter Marianne Vorster, aan die lede oorhandig.
TAK-TROFEË
Kuruman-tak het die volgende spesiale toekennings ontvang:
Kuruman is vanjaar as wen-tak aangewys! Voorsitter, Marianne Vorster, spog met die tak se trofeë.
Kuruman wen die trofee vir Tak met die meeste artikels ingeskryf op Konferensie. Rina Scheepers ontvang die trofee.
Tesourier, Janet West, ontvang die trofee vir Tak met vinnige akkurate finansiële verslaggewing.
Die A Marx trofee vir Tak met die meeste nuwe lede gewerf. Nuwe Lid, Erika Engelbrecht en haar dogter, Volgende Voetspoor, Marike Engelbrecht, ontvang die trofee.
Zelda Lombaard ontvang die GE Smith trofee vir Tak met die meeste punte op Kongres 2023.
LEEFSTYL
VLV Kuruman-tak het onder meer skoonskip gemaak in die Naaldwerk-afdeling:
Vanjaar se naaldwerk-item was ‘n kreatiewe sweetpak vir ‘n kleuter.
Arina Beukes het die eerste plek (85%) én die tweede plek (84%) behaal in die Gevorderde-afdeling.
Rina Scheepers, ook van Kuruman-tak was kort op haar hakke in die derde plek (83%).
In die Beginner-afdeling was Hettie du Plessis-Krüger eerste (82%) en tweede (79%).
Fransie Scanlen was derde (77%).
In Breiwerk het Kuruman-tak ook beide die Gevorderde as die Beginner-afdelings gewen.
Maryke Strydom (82%) het die Breiwerk Gevorderd gewen.
Rina Scheepers (80%) wen die Breiwerk Beginner-afdeling.
Die hekelnaalde het ook nie teruggestaan nie.
Hannetjie Smit verower beide die eerste (85%) én tweede (84%) plekke in die Gevorderde Hekel-afdeling met melkbeker doilies (met krale in gehekel).
Rina Scheepers het beide die eerste (85%) en tweede (84%) plekke in die Beginner Hekel-afdeling gewen het.
Joey Botha, ook van Kuruman, het die derde plek in die Beginner Hekel-afdeling behaal met ‘n koekbord doilie.
Zelda Lombaard van Kuruman het die Wissel-afdeling gewen met 85% vir haar bedoorgooi. Vanjaar se wissel-afdeling item is kwiltwerk.
Alta Roets het ‘n derde plek (81%) in die Gebak-afdeling met haar oliebolle (donuts) behaal.
KUNSTE & HANDVLYT
Vanjaar se tema vir blommerangskikking was Afrika. Kuruman-tak het weer beide afdelings gewen.
Marelie Keuler (85%) was eerste in die Gevorderde Blommerangskikking-afdeling.
Dit is die heel eerste keer dit is dat Madri Nieuwoudt by ‘n Konferensie rangskik. Sy wen die Beginner Blommerangskikking-afdeling met 82%.
Carla Salim (76%) was derde in die Gevorderde Blommerangskikking-afdeling.
Hettie du Plessis-Krüger was derde (74%) in die Beginner Blommerangskikking-afdeling.
Nuwe lid, Erika Engelbrecht, het ‘n derde plek (83,5%) behaal in die Handvlyt-afdeling met haar Shabby Chic Herinneringsboek.
Petro Spangenberg het ‘n tweede plek (78%) behaal in Woordkuns vir haar Eenbedryf: Die vere maak die voël.
Geluk, Kuruman!