Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Humansdorp:

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Saamroeper: Charlene Marais

Beriggewer: Ora Schreuder

Datum: 19 Maart 2024

 

Kleurvolle knopies word kuns op Humansdorp

 

Paula Johnston

 

Charlene Marais (Kuns & Handvlyt), VLV Humansdorp Sirkel Suid-Ooskus, het gesorg vir ‘n werksessie om kleurvolle knopies op skilderdoek te plak.

Mens benodig ‘n verskeidenheid kleurvolle knope van verskeie vorms en grootte, skilderdoek (A3 of A4) en helder handwerk gom (B5000 of B6000).

Verf die agtergrond en teken die ontwerp op die doek met ‘n potlood. 75% van die doek moet gevul wees. Hou die elemente van kuns in gedagte (balans, kontras, klem, verhouding, ritme, harmonie ens.)

Plaas die knopies los op die skilderdoek en gebruik jou gom om die knopies van verskillende groottes rond te skuif om jou ontwerp te vorm. Plak die knopies een op ‘n slag. Dit kan ook op mekaar geplak word om dit ‘n drie dimensionele voorkoms te gee. Maak seker dat die gom helder droog word. Dit kan nou vernis word.