Sirkel: Paarl

Tak: Paarl-Aand

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 18 Maart 2024

 

PaarlAand kuier tussen die kuns

 

Herman Kruger het in 2010 vanaf Gauteng Paarl toe getrek en die huis in Hoofstraat Paarl gekoop en ‘n kunsgalery, Gallery88, begin.

Hy noem kuns die professie van krukke. Elke skildery vertel ‘n storie. Dit neem jou vorentoe, ondersteun jou. ‘n Kunswerk is ‘n proses, ‘n gesprek. Dis nie wat jy sien nie, maar wat jy voel. Daar is ‘n verhouding tussen jou en die kunswerk, jy moet toelaat dat dit met jou resoneer. ‘n Skildery moet beland by ‘n koper by wie dit die beste sal vertoon.

 

Charlotte du Plessis is al ses jaar die galery se ankerkunstenaar. Sy is ook ‘n boervrou en ma van drie tienerdogters. Sy het aan die Boland-kollege studeer en daarna ‘n Honneurs in Kuns cum laude aan die US verwerf. Talle van haar skildery hang in oorsese huise. Herman reken sy kan ‘n volgende Marlene Dumas word. Sy is passievol oor kuns en sê sy is gedurig daarmee besig in haar kop.

Die galery huisves ook talle ander kunstenaars se werke.

 

Voor Gallery88: Herman Kruger (galery-eienaar), Amarie le Roux (voors.), Anne-Marie du Toit, Charlotte du Plessis (kunstenaar), Petro Boshoff (saamroeper), Adél du Plessis

 

Martell Swart, Jenny Moore, Muggie du Toit

 

Petro Boshoff

 

“Untitled” van Charlotte du Plessis

 

Charlotte du Plessis by “Scarlet” (Foto: Instagram)