Sirkel: SWD

Tak: Hartenbos

Portefeulje: Gesondheid

Saamroeper: Emsie Viljoen

Beriggewer: Wilma van Staden

Datum: 18 Maart 2024

Hartenbos skenk handdoeke aan versorgingsentrum

 

Op Maandag 18 Maart het drie lede van die VLV Hartenbos-tak: Wilma van Staden, Emi de Jager en Rolien Smit (takvoorsitter), die @Peace versorgingsentrum in Mosselbaai besoek. Die versorgingssentrum het tot stand gekom in die negentiger jare toe VIGS so prominent in die gesondheidswêreld was. Terminale VIGS-pasiënte is daar versorg. Dit was gestig deur die Global Health Fund wat in Amerika gesetel is. Na die afname van die voorkoms van terminale VIGS-pasiënte, is dit omskep in ‘n versorgingsoord vir laevlak versorgingsbehoeftes (Stepdown). 

 

Hulle word steeds deur die Global Health Fund befonds, maar daar is nogtans heelwat fondse nodig vir uitgawes wat nie befonds word nie. Baie streng beheer word oor fondse uitgeoefen en gereelde inspeksies let op na kwaliteit beheer. Daar is sekere kriteria verbonde aan opname, maar potensiële pasiënte hoef geen fooi te betaal nie. Talle artikels moet self deur pasiënt of familie voorsien word.

 

Naam van Sentrum op die muur

 

Die sentrum benodig addisionele fondse en verskeie insamelingspogings moet jaarliks gehou word. Donasies word ook verwelkom. Bankbesonderhede op die foto.

 

Bankbesonderhede

 

Met ons besoek het ons ‘n hele aantal handdoeke aan die personeel oorhandig. Die handdoeke is aangekoop met die fondse wat in 2023 deur taklede dmv spaarbussies ingesamel is.

 

Rolien Smit (takvoorsitter) met die artikels vir skenking in ontvangs area van die sentrum

 

 

Almal betrokke by die geleentheid, vlnr: Zimi Zondeka (‘n versorgseter by die sentrum), Wilma van Staden, Emi de Jager en Rolien Smit (takvoorsitter).

 

Emi de Jager het ook ‘n groot skenking gemaak uit artikels van haar huis-opruimingsprojek. Baie dankie aan Emi vir haar bydrae.

 

Die netheid van die plek en die vriendelikheid van die personeel is opmerklik en bring ‘n warm positiewe gesindheid by mens op.

 

Prys die Heer vir sulke mense.